Tuesday, September 3, 2013

Uit die perd se eie bek

Tydens die Kaapse vakansie was dit opmerklik hoe Adrian ontwikkel het. Hoe hy dinge rondom  homself waarneem en inneem. Hy verstaan en begryp dinge soveel beter. Moenie dink ‘n mens kan iets sê en dink Adrian hoor dit nie. Sy oortjies is soos twee sataliet skottels wat alles hoor en dan sal hy hy dit dadelik herhaal. Sy spraak vermoë het geweldig ontwikkel en hy is instaat om homself duidelik uit te druk oor hoe hy voel, wat hy sien, wat hy van hou en wat hy nie van hou nie.

‘n Paar oulike sê goed is:

“Hy huil mamma” – as hy bottle drink maak die bottle ‘n fluit geluid.

‘Die mannetjie is gelukkig mamma’ – wanneer hy sy mannetjie koekies met ‘n vriendelike gesiggies eet.

“Kom papa, kom” – wanneer hy iets vir jou wil wys.

Deesdae as jy hom vra wat is sy naam is dan sê hy “Adrian Enslin. Selfs beertjie is nou “Beertjie Enslin”.

Enige iemand of dier wat hartseer lyk – “Hy huil mamma”.

“Agnee, dit is stukkend” – enige iets wat op die grond lê en stukkend lyk.

“Moenie val nie” – wanneer hy op iets klouter en hy weet ons gaan hom aanspreek om versigtig te wees.

“Dit is sleg” – kos wat nie lekker smaak vir hom nie.

“Dit is mooi mamma” – enige iets waarvan hy hou of mooi is.

“Ek wil buite speel” – hy is nou baie lief om eerder buite te speel as om in die huis te sit.

“Waar is my mamma/papa” of “waar is my beertjie/dummy”.

Dan natuurlik die gevreesde woorde 2 uur in die oggend – “Ek is wakker, pappa. Ek wil nie slaap nie”.

Wanneer hy in dialog is met sy speelgoed sal hy ook direk na die spesifieke dier verwys – “Kom paddatjie (sy klein paddatjies)” of “kom beertjie”.


Ons vermoed hy moet baaie musikaal wees. Hy is geweldig lief om te sing. Hy sal selfs in die winkel, in die bad, terwyl ons tap, ens. luidkeels begin om liedjies te sing soos ‘Bobbejaan klim die berg’, Twinkle, twinkle little star’’Aai, aai die witbors kraai’, ‘Eentjies, eentjies stap in ‘n ry’, ens.

Vakansie by die see

Vakansie as ‘n gesin is soos om jou eie storie boek te skryf. Elke dag bring sy eie herhinneringe mee wat in ons gedagtes ingeets word. Dit is ook veral so met ‘n seuntjie wat op twee en ‘n half dinge vir die eerste keer beleef. ‘n Mensie wat nou oud genoeg word om nuwe dinge te waardeer, verstaan en te onthou. So was dit vir ons as ‘n gesin wat so pas 10 dae in die mooie Kaap met sy vars lug kon verken en geniet. Selfs Adrian het nie moeg geword vir die ure se ry in die motor nie. Maar laat ek eerder by die begin, begin.

Op Saterdag 17 Augustus vertrek ek op my eie, dou voor dag uit Pretoria oppad Kaap toe. Kona en Adrian vlieg die volgende dag na Kaapstad waar ek hulle ontmoet. Die rit Kaap toe was vir my soos ‘n sielle ondersoeking. Baie tyd van stilte om oor baie dinge na te dink en ook baie te mis. Snaaks hoe ‘n mens in jou eie denke vas gevang kan word vir honderde kilometers sonder om te besef jy het pas 2 ure agter die rug.

Die ontmoeting by Kaapstad Internationaal was vir my net soos om fanilie uit Australie vir die eerste keer in jare te sien. Om vir Kona en Adrian te sien uitstap ny ‘Arrivals’ het my hart baie vinniger laat klop. Ek het geweet ‘n groot avontuur lê vir ons drie en wag.
Augustus is nou nie die beste seisoen om die Kaap te beleef nie, maar tog is daar ‘n skoonheid in die koue grou weer van die Kaapse winter. Dit het egter nie ons entoesiasme gedemp nie.

Ons eerste besoek was aan ‘Monkey World’ wat vir Adrian van oor tot oor laat lag het. Hy wou self in die gangetjies hardloop en na al die gediertetjies staar en lag. Veral die chimpansees was baie spesiaal vir hom. Vandaar vertrek ons oor die Sir Louwries Pas na die Overberg. Adrian het gou aan die slaap geraak en die prentjie mooi geel en groen landerye verspreid oor die golwende landskap gemis. Hy het egter wakker geword toe ons met die asemrowende R44 vanaf Hermanus tot Gordons Baai gery het. Hy het heeltyd by die venster uit gestaar oor die oseaan wat vêr onder ons teen die rotse breek.


Baie mooi blommetjies

Die volgende dag het ons kans gehad om vir Adrian strand toe te neem. Daar het hy tussen skulpies rondgedwaal en in die poeletjies gespring. Koue water is nie ‘n demper vir die mannetjie nie. Tussen in eet ons roomys en ry die Kaap plat. Tydens ons verblyf vir ‘n paar dae in Riebeeck-Kasteel ry ons na die Yzerfontein en stop by talle plekke waar die Weskus blommetjies die landskap in ‘n kaleideskoop van kleure verf.  Adrian weet nie waar om te kyk en te vat nie, en pluk handevol blommetjies. 


Adrian se verhoog debuut saam met tannie Evita

In Darling was Adrian verstom om honderde sterretjies (klein liggies) in Tannie Evita se Perron (Teater/restaurant) te sien. Hier het hy ook sy ‘verhoog debuut’ gemaak deur saam met die musiek (ou afrikaanse musiek) op Tannie Evita se verhoog te dans en sing.

Oppad terug stop ons by Kloovenburg wyne waar ons die laaste mense was om wyn te proe. Die deure word agter ons gesluit en die assistant wyn maker begin ons voer met ‘n groot verskeidenheid wyne. Adrian plak homself neer op die vloer met sy vorm-kaartjies en eet die broodjies wat bedoel was saam metdie smere en olyf olies geeet te word, terwyl Ma en Pa weglê in die wynne.

Nadat ons reg rondom Riebeeck-Kasteel geloop het en heerlik by ‘n ‘Italiaanse’ restaurant geeet het, het Adrian vir die eerste keer weer deur geslaap. Dit moes toegeskryf word aan die vars lug volgens Kona!

Die hoogte punt vir Adrian moes die akwarium gewees het. Nemo vissies en jelly vissies was vir hom so mooi dat hy nie weg daarvan wou loop nie. Hy het wel voor dit van water tenk tot water tenk gehardloop en hard geroep as hy die mooi vissies sien. Hy het heeltydgebabbel en vertel wat hy sien en hoe mooi dit is.

Kyk al die nemo vissies Pappa!


Ongelukkig moes die vakansie ook tot ‘n einde kom. Die lui lekker middae by ‘n koffie winkel met Adrian wat soos ‘n wafferse toeris met sy voete teen die tafel sit en sy vrugte sap op drink en ‘n bran muffin verslind, het tot ‘n einde gekom. Ons moes koers vat terug Transvaal toe met Adrian en Kona in die vliegtuig en ek in die motor kar.


Voete op die tafel by Koffie winkel in Riebeeck-Kasteel