Wednesday, January 1, 2014

Kersfees met die Teletubies

Die tweede  kersfees agter die rug. Adrian begin nou ook verstaan waaroor kersfees gaan en dat die dag geassosieer word met geskenkies. Ou kersaand was by Cobus. Adrian en Juanè het die geskenkie uitdeel baie geniet en kon nie wag om dit oop te skeur nie. Gewoonlik is dit die kleinste geskenkies die wat die meeste indruk maak en so was dit ook die geval die aand. Uit een van die kersfees 'crackers' het ‘n klein mannetjie te voorskyn gekom. Die het baie taai handjies en voetjies gehad. As die manetjie teen ‘n venster gegooi word, plak die mannetjie vas teen die oppervlak. Stadig begin die handjies loskom en begin teen die venster af te klim. Dit het groot plesier vir Adrian besorg.

Adrian en Juane maak kersgeskenkies oop.

Kersdag het begin met ‘n kersdiens in die kerk. Adrian het stroop soet op Ouma Martha se skoot gesit en geluister na die kers verhaal met nou en dan musiek solo items. Terug by die huis was hy baie opgewonde om vir Ouma Joyce en Oupa Phillip te sien. Weereens is geskenke uit gedeel. Die keer kry hy weer baie geskenkies onder andere ‘n elektrise klavier en twee tente wat verbind is met ‘n tonnel.

Adrian het altyd ‘n behoefte om fisiese aktiwiteite te doen. Om die rede moet ons hom maar gedurig na Toni’s Restaurant vat waar daar ‘n wonderlike klimraam is wat hy kan uitklim na hartelus. Tussen kersfees en nuwe jaar was Toni’s gesluit maar die klimraam wasgelukkig  nog tot ons bereik en het ure se genot aan Adrian verskaf.
'n Heerlike klimraam by Toni's

Adrian is ook nou weer versot op Teletubies en Pa moet gedurig hierdie mannetjies uit gekleurde papier sny. Net die volgende dag nadat klein handjies dit vuil gevat het sal Adrian na my toe kom en sê dat die tubies is ‘pap’ en ‘Pappa, maak nuwe tubbies’. Ek kan die vormpies al met toe oë uitknip. Veral Tinki Winki en Lalla is die twee gunsteling Tubies.


Kona en ek het die tweede foto boek van Adrian gemaak. Dit was heerlik om weer terug te kyk na al die foto’s van Adrian sedert April 2012 tot nou en weer herhinneringe op te roep van ons vakansie in die Kaap, eerste kamp en Adrian se twee partytjies. 

Die jaar kom tot 'n einde!

Die tyd vlieg so vining verby en voor ons weet blits nog ‘n jaar verby. Adrian het sy eerste jaar by Bambini voltooi en ‘n jaar in die St Albans huis. Dit was ‘n jaar vol hoogte punte en baie min laagte punte! Adrian het verander vanaf ‘n baba na ‘n regte seuntjie. Ma en Pa kyk baie met verwondering na die ongelooflike ontwikkeling. Hy raak al hoe meer selfstandig en wil dinge self doen. Of dit nou ‘tannies borsel’ of hempie aantrek, geen uitdaging is te groot vir Adrian nie.

Gedurende die jaar was hy gelukkig om glad nie siek te word in die winter nie, behalwe vir ‘n loop neusie hier en daar. Maar ai tog, ‘n mens kan nie vir altyd so gelukkig wees nie. Hy het in die laaste termyn van die jaar gereeld by die dokter ‘n draai gemaak met larangietis, onsteekte ore en hoë koors. Darem nooit te ernstig nie, maar wel siek genoeg vir aaklige antibiotika.

Ons het ons eerste gesins kamp erfaring gehad. In November het ons vir ‘n naweek by Dube Game Lodge buite Brits gaan kamp. Dit was heerlik om in ons nuwe tent te slaap en vir Ouma Joyce en Oupa Phillip om met Adrian te speel. Die warm binnenshuise swembad was definitief vir Adrian die hoogte punt. Hy was mal oor die warm water en het vir Pappa ‘n paar ekstra gryshare besorg wanneer hy al om die swembad hardloop, stop en dan inspring, want ek is mos daar om hom te vang. Die aande om die vuur was ook vir Adrian iets nuuts en dit was al te heerlik om veral op Ouma Joyce se skoot te sit en vir die vuur vonke te kyk wat in die donker nag die lug in styg.
Ons eerste familie kamp by Dube

Adrian se verbeelding wêreld word al hoe wyer. In die bed moet Pappa gereeld huisies maak waar hy kan inkryp, Mamma moet gedurig stories maak met beertjie of Pa moet storie maak met spinnekoppie (my vingers wat op die mat hardloop). Ma moet ook elke week peppers koop want Adrian wil elke dag “peppers speel”. Dit beteken dat die verlepte peppers gereeld vervang moet word om vars skywe vir hom te kan sny. Die pepper skywe is dan blomme, en die word die hele huis vol gedra en uitgestal. Teletubbies word ook gereeld gesoek. Dit is nou wel pypsteel skoonmakers. As Adrian vra vir Tienkiewinkie dan moet ons bond staan om die regte pypsteel skoonmaker te soek, dit moet pers wees want die regte Tienkiewinkie is mos pers. Hy sien ook gedurig interesant denkbeeldige karakters en word dan baie opgewonde en sal luidkeels vir ons roep om die boot of iensie winsie spider te kom kyk.
Adrian in een van sy vele huisies wat Pa moes maak


Pappa kry darem ook goeie oefening want Adrian het geen vrees vir hoogte of afstand nie. Hy sal op enige voorwerp klim en vir my aansê “gaan weg”, wat beteken dat ek te naby staan en hy wil spring sodat ek hom moet vang. Dit kan vir ‘n goeie halfuur aanhou todat Pa nie meer kan nie.
Adrian op 'n reuse paddastoel

Ek en Adrian loop ook baie op St Albans College se kampus en soek' insi winsies' of paddastoele. Wanneer hy padastoele gewaar sal hy hard roep 'kom kyk pappas, padastoele' en moet ek my vinnig daarheen haas. Hy sal dan plat op die grond sit en hulle bestudeer. Met Teanu se verjaarsdag partytjie by die Johannesburg Dieretuin kom ons af op reuse paddastoele en paddas. Adrian was verstom en het op elke paddastoel en padda geklim.