Weke voor die groot 3 jarige partytjie het Pa begin Teletubbies
prentjies van die internet bymekaar maak. Prentjies is gemanupileer om in te
pas by ‘n 3 jarige partytjie. Elke Teletubby (Tinky Winki, Dibsie, Lala en Pow)
moes uitgeknip word. Teletubby sonne is uitgesny en ‘n Teletubby groep foto is
in die middle van die son geplak. Teletubby vlaggies en mobiles is gemaak en
partytjie boksies is vir elke kind versier en vol geprop met lekkers, chippies
en selfs ‘bubble’ blasers.
3 jaar oud vandag! |
Op die dag van die partytjie (Saterdag 12 April) is Adrian
vroeg na Ouma Martha toe om vir Ma en Pa tyd te gee om voor te berei vir die
partytjie. Tafels is versier, vlaggies en mobiles is gehang, springkasteel op
geblaas en balonne met helium gevul. Vir die groot mense het Kona heerlike sout
en soet eetgoed uit gepak. Die Teletubby koek met al die Teletubby cupcakes is
op die tafel geplaas. Pa het die braai reg gekry om later wors en rushers te
braai. Ons was gereed vir die groot dag.
Die Teltubbies verjaarsdag koek |
Dit is eet tyd! |
Net voor 13h00 daag Ouma Joyce, Ouoa Phillip en Tianu op.
Hulle was selfs voor ons verjaarsdag maaitjie hier. ‘n Ruk later is dit Ouma
Martha, Oupa Kobus en Adrian wat opdaag. Adrian se mond het letterlik oopgehang
van verbasing toe hy by die tuin instap en begroet word met al die Teletubby
versierings en springkasteel. Kort daarna het die maaitjies begin arriver. Kort
voor lank was die stilte verbreek deur die gelag en gille van klein stemmetjies
soos hulle sports maak op die springkasteel.
Die kersies is aangesteek en al die kindertjies het angstig om die
partytjie tafel vergader, gereed om weg te val in al die eetgoed. ‘Veelsgeluk
liewe maatjie’ is gesing, kersies geblaas, en toe begin die fees. Met die reuk
van braaivleis is warm broodjies en rusher tee et aangebied vir al die groot
mense.
Saam met maaitjies op die springkasteel |
Laat die middag het die partytjie tot ‘n einde gekom. Adrian
het trots heeltyd vertel hy is nou groot en drie jaar oud.