Soos die gesegde lui "Elke donker wolk het n silwer randjie" of is dit dalk elke vuil doek het n skoon randjie. Ten spyte van die siekte het Adrian begin glimlag en lag geluidjies maak wanneer hy Ma of Pa se gesig sien en veral as hy vermaak word met n speelding. Dit is wonderlik om te sien hoe hierdie persoonlikheidjie ontwikkel. Hy begin stadig aan besef dat die twee "goedjies" aan die die einde van sy arms wel SY hande is. Hy begin al hoe meer gryp in die rigting van bewers en stimulasie prentjies. Veral wanneer hy die abstrakte gesig op sy gunsteling stimulasie bord sien. Hy maak ook meer koer geluidjies van plesier wanneer Ma en Pa met hom speel of selfs n doek om ruil. Gisteraand (14 Junie) het hy ook vir die eerste keer so te sê deur geslaap, vanaf 22:30 tot 05:15! Veral Ma was verheug, sy kon die eerste keer in 9 weke vir 6 ure slaap.
Adrian lag vir sy "mobile" wat draai en mooi musiek speel.
Adrian in sy pikkewyn pakkie. Dankie Angus.
Adrian het in die week sy eerste bottel gehad. Hy het nie veel gedrink nie maar het wel die tweede keer toe Pa hom die byvoeding gee, als opgedrink. Pa het dalk die meeste van die melk in sy mond in "geforseer" maar hy het dit nogsteeds gedrink.
Ouma help met die eerste bottel.
Adrian lag vir sy mobile.
No comments:
Post a Comment