Nege maande is verby! Dit voel soos gister toe ek die eerste keer vir Adrian kon vashou. Die klein lyfie met ogies styf toe geknip. Vroeg in Desember is Adrian siek, dadelik dokter toe. Sweertjies het in sy keel gevorm wat sluk baie moeilik maak. Drink tyd het vir hom in n pynlike erfaring verander. Gelukkig was dit net tydelik. n Standaard prosedure blykbaar is vir die dokter om sy lengte en gewig te meet. Dit is natuurlik dié deel van die ondersoek wat vir Pa baie trots gemaak het. Adrian se lengte is in die top 2% van babas van sy ouderdom. Die selfde as die gemiddelde baba van 1 jaar! Ons is al van vroeg af “gewaarsku” dat ons baba nie n “tink-tinkie” gaan wees nie.
Desember vakansie was absoluut fantasties omrede Pa en Ma soveel kwaliteit tyd saam met Adriantjie kon spandeer. Ons het speletjies gespeel, boek gelees, piekniek gehou in die tuin, winkel toe gegaan, uitgeeet (waar Adrian siek geword het) en saam familie en vriende gekuier. Adrian het in die tyd soveel ontwikkel – sit sy eie dummy (of soos ons dit noem, ammie) in sy mond, staan op sy twee handjies en kniee en wieg soos n Ferrari wat gereed is om weg te trek.
Kersfees! Adrian het hom meer verstom aan al die mense en lawaai rondom hom as die geskenke. Maar nie te min, dit was sy eerste erfaring van 'n kersfees boom, geskenke en die kersverhaal. Dit het Ma en Pa weereens herhinner hoe kosbaar die tyd saam met hom is.
Met eens, is daar drie geskenkies voor Adrian neer geplak, die opgewondenheid van Ma en Pa is byna onuithoubaar! Video kamera rol om die spesiale geleentheid vas te vang.... Adrian gryp die eerste geskenkie en begin nastigtelik aan die geskenkpapier te vroetel. Vinnig het hy n stukkie papier afgeskeur, en net daar verloor hy sy belangstelling in die geskenk, want die stukkie pappier is reguit mond toe! Die tandjie wat eers einde November sy verskynning gemaak het, jeuk mos. Ma en Pa moes maar self sy geskenkies vir hom verder oop maak.

Adrian se eerste kersfees.
Adrian met sy eerste kersfees geskenkies
Vroeg in Januarie begin sy tweede tandjie kop uit steek. Alles wat hy kan vashou gaan mond toe. Ek het 'n nuwe sienning van knaag diere gekry!
Ongelukkig kom alle goeie vakansies tot n einde. Ma en Pa moes terug werk toe en moet vir Adriantjie vroeg in die oggen groet en by Ouma aflaai. Ons kan nie wag vir die volgende vakansie in April om aan te breek nie. In tussen wag ons in groot afwagting vir daai “wegspring” wanneer Adrian die wêreld begin verken op sy kniee en hande!!
Adrian soos n wafferse Ferrari in die wegspring posisie.
No comments:
Post a Comment