Adrian was die week by die huis aangesien Bambini vir die week gesluit is. Dit het dinge nog al om vêr gegooi in die Enslin-huishouding! Helen, wat twee huise van ons af bly, was gelukkig beskikbaar om in te staan as 'n "au-pair" vir drie dae. Donderdag moes pa maar afvat van die werk en Vrydag was dit Dabea se beurt. Helen het onder andere vir Adrean laat soet koekkies bak, Pa het weer op sy beurt vir Adrian gevat om roomys te eet, 'n Danie Driehoek uit te kies by Toys-R-Us en Ma het hom laat verf op groot velle pappier. Hy het selfs Vrydag, terwyl Pa en Ma met hom gaan stap het, 'n lekker modder poel ontdek waarin hy heerlik getrap het mwt sy bootsies. Maar gou het die bootsies in die modder vas gesuig en beland Adrian met sy kouse in die modder. Groot pret vir hom!
Sunday, July 20, 2014
Studio fotos
Na die groot opwinding van die 'photo shoot' het ons met groot afwagting vir die fotos gewag. Die dag toe ons die fotos vir die eerste keer sien het ons geweet dat dit baie moeilik gaan wees om fotos te kies wat op canvas gedruk moet word. Ons sal maar 'n paar keer moet weer kyk om al die fotos af te skaal na ons gunsteling fotos. dan die vraag - "een groot canvas met a collage" of 'n paar indivuduele canvases? Ten minste het ons nou 'n paar ordentlike gesins fotos wat vir die oumas gegee kan word.
Adrian was die week by die huis aangesien Bambini vir die week gesluit is. Dit het dinge nog al om vêr gegooi in die Enslin-huishouding! Helen, wat twee huise van ons af bly, was gelukkig beskikbaar om in te staan as 'n "au-pair" vir drie dae. Donderdag moes pa maar afvat van die werk en Vrydag was dit Dabea se beurt. Helen het onder andere vir Adrean laat soet koekkies bak, Pa het weer op sy beurt vir Adrian gevat om roomys te eet, 'n Danie Driehoek uit te kies by Toys-R-Us en Ma het hom laat verf op groot velle pappier. Hy het selfs Vrydag, terwyl Pa en Ma met hom gaan stap het, 'n lekker modder poel ontdek waarin hy heerlik getrap het mwt sy bootsies. Maar gou het die bootsies in die modder vas gesuig en beland Adrian met sy kouse in die modder. Groot pret vir hom!
Adrian was die week by die huis aangesien Bambini vir die week gesluit is. Dit het dinge nog al om vêr gegooi in die Enslin-huishouding! Helen, wat twee huise van ons af bly, was gelukkig beskikbaar om in te staan as 'n "au-pair" vir drie dae. Donderdag moes pa maar afvat van die werk en Vrydag was dit Dabea se beurt. Helen het onder andere vir Adrean laat soet koekkies bak, Pa het weer op sy beurt vir Adrian gevat om roomys te eet, 'n Danie Driehoek uit te kies by Toys-R-Us en Ma het hom laat verf op groot velle pappier. Hy het selfs Vrydag, terwyl Pa en Ma met hom gaan stap het, 'n lekker modder poel ontdek waarin hy heerlik getrap het mwt sy bootsies. Maar gou het die bootsies in die modder vas gesuig en beland Adrian met sy kouse in die modder. Groot pret vir hom!
Sunday, June 22, 2014
Winter Foto's en shapes
Tyd is die grootste geskenk wat ‘n
mens kan kry. Voor jy jou oë uitvee is ure, dae, maande en jare verby. Dit het
ons opnuut besef toe ons na ons geraamde fotos kyk en besef dat ons het geen onlangse fotos van Adrian nie. Ouma Joyce vra ook al lankal vir mooi familie foto's. Michele was toe gaaf genoeg om ons te nooi vir ‘n ‘photo shoot’ in haar studio. Wat ‘n erfaring! Die aanloop na
die groot dag was net so opwindend. Kona het besluit da tons almal die dag
oranje, wit en groen moet dra. Winkels toe, klere en kleure word gepas en uiteindelik
is ons uitgerus vir die dag.
Gereed vir die 'photo shoot' |
By die studio organiseer Michele ons
en die kamera begin te click. Die stêr van die dag was natuurlik Adrian. In so ‘n
mate dat Michele die meeste van die tyd hom op sy eie afneem. Daar was darem
ook genoeg tyd vir familie fotos. Maar ek moet dit uitlig dat Adrian ‘n ‘natural’
is voor die kamera. Hy het in sy wit hempie en denim tussen gkleurde balle
gespeel, binne ‘n sinkbad gelê, ‘n waentjie met balle gtrek, teen die muur soos
‘n wafferse top model teen die muur gestaan, ens. Dit was ‘n oggend van lag en
plesier! Ons sien uit om die fotos te kry.
Adrian is mal oor ‘shapes’. Van
vierkante to driehoeke. Hy het vir elke vorm selfs ‘n naam gegee. Hier volg die
lys –
- ·Fanie vierkant
- · Sarel sirkel
- · Danie driehoek
- · Ollie oval
- · Hansie hart
- · Susan seshoek
- · Oktogan agthoek
- · Karl kruis
- · Reghardt rehoek
Fanie vierkant |
Danie driehoek |
Pa moes ook natuurlik al die vorms
uitsny en gesiggies op teken. Die mondjies moes altyd tande kry, 2, 3, 4 of 5. Adrian het selfs die vorms met sy
arms uitgebeeld. Vorms word orals raak gesien, of dit in die plaveisel is of in
‘n struik, hy sien dit orals raak. Sy gunsteling vorm is vierkant, want Sponge
Bob is ‘n vierkant. Klei word ook heeltyd in vorms gedruk en moet selfs saam
bed toe gaan. Hopelik gaan dit sy Wiskunde eendag baie help.
Winter het behoorlik op ons neergesak. Adrian het gou geleer van seisoene. Met die koue winter val al die blare van die bome af. Hy was tranerig die dag toe mamma verduidelik dat die blare dood gaan en afval. Hy het glad nie saam gestem nie. Volgens hom val die blare net af want hulle word bruin, maar hulle is nie dood nie. Die hoogtepunt van winter is die hope blare wat op die grond bymekaar gehark word. daar is so baie blare dat dit vir hom 'n 'berg' word. Die berg is groot genoeg vir hom om baie plesier is te he. Alhoewel dit betekn dat hy 'n behoorlike bad na die tyd moet kry.
Adrian wys hy is drie jaar oud tussen die winter blare |
Waar is Sponge Bob?
“Ek
is nog ‘n bietjie besig, hoor” Dit is deesdae wat Adrian gereeld sê wanneer hy
geroep word om iets te kom doen. Hy is ‘n besige mannetjie. Hy hou himself besig
met sy ‘shapes’, karre, klei en kasteel en balle. Hy sal maklik by die tuinhek uit
dwaal om ‘bossies’ te speel. Ek het bossies in die oprit uit getrek en die word
deur Adrian versamel. Groot was die pret toe die bossies aan die brand gesteek
was.
Adrian en sy "Sponge Bobs" |
Maar
eers terug na April. Adrian was by Bob. Bob is sy gunsteling karraktertjie van ‘Sponge
Bob square pants’. Bob bly in die see. Die opgewondenheid het hoog geloop al
die pad af na Winkelspruit. Op pad af het ek vir hom sy dvd spelertjie
gemonteer teen die sitplek voor hom. Hy kon dvd's van Tannie Carike en telletubies kyk. Hy het selfs die ‘Liewe heksie stories’ baie geniet Adrian gaan
uiteindelik vir Bob ontmoet. Daar aangekom en ons moes dadelik strand toe.
Adrian het vergeet hoe groot die see is want hy kon glad nie vir Bob sien nie. Ons het wel baie skulpe opgetel en Adrian het sandkastele gebou met ‘n klom stokke
wat soos vlagmaste by die kasteel uitsteek. Elke dag was groot pret, hy het sand duine uitgehardloop, by sand walle af gegly, in die gety poel en die
strand swembad geswem. Die hoogtepunt op die strand moes wees die krap in die gety
poel. ‘Mr Crabs’ (van Sponge Bob) was wel ‘n bietjie kwaai maar het wel baie pret
besorg.
Adrian spring by die sandwalle af |
Op die derde dag is ons Durban toe om uiteindelik vir Sponge Bob te
sien. Die akwarium by U'Shaka. Al die kleurvolle vissies, jelly vise en haaie
was te wonderlik om te sien en Adrian het van die een glasvenster na die
volgende gehardloop. By die tenk waar die seekatte in was het Adrian skoon
gegil van opgewondenheid – Mr Squidward (ook van Sponge Bob). Die seekat het
stadig oor die rotse beweeg en van kleur verander en selfs teen die vester reg
voor Adrian verby geskuif. Dit was wonderlik vir Adrian, ten spyt van die feit
dat Squidward eintlik a squid is. In die aande het die skulpe baie pret besorg,
veral in die bad. In die aande moes ma en pa hulle rolle verander. Ma was “Liewe
Heksie” en Pa “Blommie Kabouter”. Ma moes selfs die woonstel rond vlieg op haar
besemstok met Koning agter op. Koning Rosebaard was natturlik koning. Adrian
moes gedurig reghelp as koning Rosebaard aangespreek was “nee, koning
Rosekraans!". Ai mamma.
By Durban U'Shaka Marine World |
Die
pad terug het vir Ma en Pa egter baie “lank” geword. Net toe ons uit Winkelspruit
ry wou Adrian nie dvd’s kyk nie maar wel Liewe Heksie luister. Die cd is 45
minute lank met 5 verskillend stories. Adrian het dit so geniet, in so ‘n mate da
tons die cd nooit mag afgesit het nie, tot in Pretoria 5 ure later!
Adrian en Mamma in die Koning Rosekrans se kasteel |
Adrian en pappa soek krappe |
Sunday, April 20, 2014
Adrian hou partyjie saam met die Teletubbies
Weke voor die groot 3 jarige partytjie het Pa begin Teletubbies
prentjies van die internet bymekaar maak. Prentjies is gemanupileer om in te
pas by ‘n 3 jarige partytjie. Elke Teletubby (Tinky Winki, Dibsie, Lala en Pow)
moes uitgeknip word. Teletubby sonne is uitgesny en ‘n Teletubby groep foto is
in die middle van die son geplak. Teletubby vlaggies en mobiles is gemaak en
partytjie boksies is vir elke kind versier en vol geprop met lekkers, chippies
en selfs ‘bubble’ blasers.
3 jaar oud vandag! |
Op die dag van die partytjie (Saterdag 12 April) is Adrian
vroeg na Ouma Martha toe om vir Ma en Pa tyd te gee om voor te berei vir die
partytjie. Tafels is versier, vlaggies en mobiles is gehang, springkasteel op
geblaas en balonne met helium gevul. Vir die groot mense het Kona heerlike sout
en soet eetgoed uit gepak. Die Teletubby koek met al die Teletubby cupcakes is
op die tafel geplaas. Pa het die braai reg gekry om later wors en rushers te
braai. Ons was gereed vir die groot dag.
Die Teltubbies verjaarsdag koek |
Dit is eet tyd! |
Net voor 13h00 daag Ouma Joyce, Ouoa Phillip en Tianu op.
Hulle was selfs voor ons verjaarsdag maaitjie hier. ‘n Ruk later is dit Ouma
Martha, Oupa Kobus en Adrian wat opdaag. Adrian se mond het letterlik oopgehang
van verbasing toe hy by die tuin instap en begroet word met al die Teletubby
versierings en springkasteel. Kort daarna het die maaitjies begin arriver. Kort
voor lank was die stilte verbreek deur die gelag en gille van klein stemmetjies
soos hulle sports maak op die springkasteel.
Die kersies is aangesteek en al die kindertjies het angstig om die
partytjie tafel vergader, gereed om weg te val in al die eetgoed. ‘Veelsgeluk
liewe maatjie’ is gesing, kersies geblaas, en toe begin die fees. Met die reuk
van braaivleis is warm broodjies en rusher tee et aangebied vir al die groot
mense.
Saam met maaitjies op die springkasteel |
Laat die middag het die partytjie tot ‘n einde gekom. Adrian
het trots heeltyd vertel hy is nou groot en drie jaar oud.
Dalk 'n Stêrrekundige in wording?
Dalk gaan Adrian eendag ‘n sterrekundige wees, of dalk ‘n
wiskundige, of dalk ‘n kunstenaar wat vorms en sterre skilder! Die seuntjie het
‘n oog vir vorms en sterre. Gister by Pam en Wolf loop ek en Adrian buite rond.
Skielig gee hy ‘n gil en skreeu “kyk,
kyk,kyk” en hy wys na ‘n groot struik. Opgewonde roep hy uit “ Sponge! Kyk
Pappa, dit is ‘n square”. Die struik is in ‘n vierkant vorm gesnoei. Net daar
na wys hy ‘n ‘Fanie vyfhoek’ uit.
By die huis sal hy op die plaveisel loop en gedurug skielik
stop en opgewonde ‘n vorm uitroep wat hy op die grond gewaar. Pa moet ook
gedurig vorms uitsny, en dit moet verskillende kleure wees.Selfs die klei moet
in vorms gedruk word. Speelgoed word in ‘vorms’ gesien. Hy het vir elke vorm ‘n naam gegee – Danie driehoek,
Sarel sirkel, Sponge vierkant (square), Fanie vyfhoek, Susan seshoek, Ollie
octagon en Reghard reghoek.
Adrian met sy klei vorms |
Elke aand wil Adrian na die sterre kyk. Pa moet op die grond
lê met Adrian op sy rug bo-op my lyf. So bestudeer ons die sterre ruim. Met ‘n
handjie wat heeltyd na die sterre wys vra hy “wat is sy naam?”. Teen die tyd ken hy reeds Canopus, Polux,
Jupiter (maar sal gou sê dat Jupiter is die helderste stêr, hy het net een
oog), Saternus (met sy "ring") Rigel, Cirius en sy gunsteling Beetljuice asook ‘n ‘n komeet (“’n klip
wat vlieg”). Hy geniet dit om vir mense uit te wys dat “Beetlejuice is die
grootste son in ons sterrestelsel en hy is oranje”. Hy vra gedurig date k op my
rekenaar twinkle little star moet wys. Teen sy slaapkamer kas deur skitter dit
elke aand met hordes ‘glow in the dark” sterre. Elkeen het ook sy eie naam.
Selfs een ster is ‘n “verskietende stêr” of soos hy soms ook sê ‘n “shooting
star”.
Adrian en sy sterre |
Buiten vorms en stêrre is Spunge Bod Square Pants Adrian se
gunstelling karaktertjie. Hoekom so? Want Sponge Bob is ‘n vierkant natuurlik.
Wanneer hy “Nickelodeon” (kanaal 305 op DSTV) kyk sal hy luidkeels uitroep as
Sponge Bob begin, veral as die ‘Sponge Bob Bollywood’ advertensie begin. Adrian
is baie opgewonde dat ons hierdie April vakansie see toe gaan want ons gaan vir
Sponge Bob kuier. Die Sponge Bob sof toy moet beslis saam gaan. Ons sal maar na
die U’Shaka Akwarium toe moet gaan om vir Sponge Bob te besoek. Hy bly mos “onder
die see”.
Wednesday, January 1, 2014
Kersfees met die Teletubies
Die tweede kersfees agter die rug. Adrian begin nou ook
verstaan waaroor kersfees gaan en dat die dag geassosieer word met geskenkies.
Ou kersaand was by Cobus. Adrian en Juanè het die geskenkie uitdeel baie geniet
en kon nie wag om dit oop te skeur nie. Gewoonlik is dit die kleinste
geskenkies die wat die meeste indruk maak en so was dit ook die geval die aand. Uit
een van die kersfees 'crackers' het ‘n klein mannetjie te voorskyn gekom. Die het baie taai
handjies en voetjies gehad. As die manetjie teen ‘n venster gegooi word, plak die
mannetjie vas teen die oppervlak. Stadig begin die handjies loskom en begin
teen die venster af te klim. Dit het groot plesier vir Adrian besorg.
Adrian en Juane maak kersgeskenkies oop. |
Kersdag het begin met ‘n kersdiens
in die kerk. Adrian het stroop soet op Ouma Martha se skoot gesit en geluister
na die kers verhaal met nou en dan musiek solo items. Terug by die huis was hy
baie opgewonde om vir Ouma Joyce en Oupa Phillip te sien. Weereens is geskenke
uit gedeel. Die keer kry hy weer baie geskenkies onder andere ‘n elektrise klavier
en twee tente wat verbind is met ‘n tonnel.
Adrian het altyd ‘n behoefte om
fisiese aktiwiteite te doen. Om die rede moet ons hom maar gedurig na Toni’s Restaurant
vat waar daar ‘n wonderlike klimraam is wat hy kan uitklim na hartelus. Tussen
kersfees en nuwe jaar was Toni’s gesluit maar die klimraam wasgelukkig nog tot ons bereik en het ure se genot aan
Adrian verskaf.
'n Heerlike klimraam by Toni's |
Adrian is ook nou weer versot op
Teletubies en Pa moet gedurig hierdie mannetjies uit gekleurde papier sny. Net
die volgende dag nadat klein handjies dit vuil gevat het sal Adrian na my toe
kom en sê dat die tubies is ‘pap’ en ‘Pappa, maak nuwe tubbies’. Ek kan die
vormpies al met toe oë uitknip. Veral Tinki Winki en Lalla is die twee
gunsteling Tubies.
Kona en ek het die tweede foto
boek van Adrian gemaak. Dit was heerlik om weer terug te kyk na al die foto’s
van Adrian sedert April 2012 tot nou en weer herhinneringe op te roep van ons
vakansie in die Kaap, eerste kamp en Adrian se twee partytjies.
Die jaar kom tot 'n einde!
Die tyd vlieg so vining verby en
voor ons weet blits nog ‘n jaar verby. Adrian het sy eerste jaar by Bambini
voltooi en ‘n jaar in die St Albans huis. Dit was ‘n jaar vol hoogte punte en
baie min laagte punte! Adrian het verander vanaf ‘n baba na ‘n regte seuntjie.
Ma en Pa kyk baie met verwondering na die ongelooflike ontwikkeling. Hy raak al
hoe meer selfstandig en wil dinge self doen. Of dit nou ‘tannies borsel’ of
hempie aantrek, geen uitdaging is te groot vir Adrian nie.
Gedurende die jaar was hy
gelukkig om glad nie siek te word in die winter nie, behalwe vir ‘n loop neusie
hier en daar. Maar ai tog, ‘n mens kan nie vir altyd so gelukkig wees nie. Hy
het in die laaste termyn van die jaar gereeld by die dokter ‘n draai gemaak met
larangietis, onsteekte ore en hoë koors. Darem nooit te ernstig nie, maar wel
siek genoeg vir aaklige antibiotika.
Ons het ons eerste gesins kamp
erfaring gehad. In November het ons vir ‘n naweek by Dube Game Lodge buite
Brits gaan kamp. Dit was heerlik om in ons nuwe tent te slaap en vir Ouma Joyce
en Oupa Phillip om met Adrian te speel. Die warm binnenshuise swembad was
definitief vir Adrian die hoogte punt. Hy was mal oor die warm water en het vir
Pappa ‘n paar ekstra gryshare besorg wanneer hy al om die swembad hardloop,
stop en dan inspring, want ek is mos daar om hom te vang. Die aande om die vuur
was ook vir Adrian iets nuuts en dit was al te heerlik om veral op Ouma Joyce
se skoot te sit en vir die vuur vonke te kyk wat in die donker nag die lug in
styg.
Ons eerste familie kamp by Dube |
Adrian se verbeelding wêreld word
al hoe wyer. In die bed moet Pappa gereeld huisies maak waar hy kan inkryp,
Mamma moet gedurig stories maak met beertjie of Pa moet storie maak met
spinnekoppie (my vingers wat op die mat hardloop). Ma moet ook elke week
peppers koop want Adrian wil elke dag “peppers speel”. Dit beteken dat die
verlepte peppers gereeld vervang moet word om vars skywe vir hom te kan sny.
Die pepper skywe is dan blomme, en die word die hele huis vol gedra en
uitgestal. Teletubbies word ook gereeld gesoek. Dit is nou wel pypsteel
skoonmakers. As Adrian vra vir Tienkiewinkie dan moet ons bond staan om die
regte pypsteel skoonmaker te soek, dit moet pers wees want die regte
Tienkiewinkie is mos pers. Hy sien ook gedurig interesant denkbeeldige
karakters en word dan baie opgewonde en sal luidkeels vir ons roep om die boot
of iensie winsie spider te kom kyk.
Adrian in een van sy vele huisies wat Pa moes maak |
Pappa kry darem ook goeie
oefening want Adrian het geen vrees vir hoogte of afstand nie. Hy sal op enige
voorwerp klim en vir my aansê “gaan weg”, wat beteken dat ek te naby staan en
hy wil spring sodat ek hom moet vang. Dit kan vir ‘n goeie halfuur aanhou todat
Pa nie meer kan nie.
Adrian op 'n reuse paddastoel |
Ek en Adrian loop ook baie op St Albans College se kampus en soek' insi winsies' of paddastoele. Wanneer hy padastoele gewaar sal hy hard roep 'kom kyk pappas, padastoele' en moet ek my vinnig daarheen haas. Hy sal dan plat op die grond sit en hulle bestudeer. Met Teanu se verjaarsdag partytjie by die Johannesburg Dieretuin kom ons af op reuse paddastoele en paddas. Adrian was verstom en het op elke paddastoel en padda geklim.
Subscribe to:
Posts (Atom)