“Ek
is nog ‘n bietjie besig, hoor” Dit is deesdae wat Adrian gereeld sê wanneer hy
geroep word om iets te kom doen. Hy is ‘n besige mannetjie. Hy hou himself besig
met sy ‘shapes’, karre, klei en kasteel en balle. Hy sal maklik by die tuinhek uit
dwaal om ‘bossies’ te speel. Ek het bossies in die oprit uit getrek en die word
deur Adrian versamel. Groot was die pret toe die bossies aan die brand gesteek
was.
|
Adrian en sy "Sponge Bobs" |
Maar
eers terug na April. Adrian was by Bob. Bob is sy gunsteling karraktertjie van ‘Sponge
Bob square pants’. Bob bly in die see. Die opgewondenheid het hoog geloop al
die pad af na Winkelspruit. Op pad af het ek vir hom sy dvd spelertjie
gemonteer teen die sitplek voor hom. Hy kon dvd's van Tannie Carike en telletubies kyk. Hy het selfs die ‘Liewe heksie stories’ baie geniet Adrian gaan
uiteindelik vir Bob ontmoet. Daar aangekom en ons moes dadelik strand toe.
Adrian het vergeet hoe groot die see is want hy kon glad nie vir Bob sien nie. Ons het wel baie skulpe opgetel en Adrian het sandkastele gebou met ‘n klom stokke
wat soos vlagmaste by die kasteel uitsteek. Elke dag was groot pret, hy het sand duine uitgehardloop, by sand walle af gegly, in die gety poel en die
strand swembad geswem. Die hoogtepunt op die strand moes wees die krap in die gety
poel. ‘Mr Crabs’ (van Sponge Bob) was wel ‘n bietjie kwaai maar het wel baie pret
besorg.
|
Adrian spring by die sandwalle af |
Op die derde dag is ons Durban toe om uiteindelik vir Sponge Bob te
sien. Die akwarium by U'Shaka. Al die kleurvolle vissies, jelly vise en haaie
was te wonderlik om te sien en Adrian het van die een glasvenster na die
volgende gehardloop. By die tenk waar die seekatte in was het Adrian skoon
gegil van opgewondenheid – Mr Squidward (ook van Sponge Bob). Die seekat het
stadig oor die rotse beweeg en van kleur verander en selfs teen die vester reg
voor Adrian verby geskuif. Dit was wonderlik vir Adrian, ten spyt van die feit
dat Squidward eintlik a squid is. In die aande het die skulpe baie pret besorg,
veral in die bad. In die aande moes ma en pa hulle rolle verander. Ma was “Liewe
Heksie” en Pa “Blommie Kabouter”. Ma moes selfs die woonstel rond vlieg op haar
besemstok met Koning agter op. Koning Rosebaard was natturlik koning. Adrian
moes gedurig reghelp as koning Rosebaard aangespreek was “nee, koning
Rosekraans!". Ai mamma.
|
By Durban U'Shaka Marine World |
Die
pad terug het vir Ma en Pa egter baie “lank” geword. Net toe ons uit Winkelspruit
ry wou Adrian nie dvd’s kyk nie maar wel Liewe Heksie luister. Die cd is 45
minute lank met 5 verskillend stories. Adrian het dit so geniet, in so ‘n mate da
tons die cd nooit mag afgesit het nie, tot in Pretoria 5 ure later!
|
Adrian en Mamma in die Koning Rosekrans se kasteel |
|
Adrian en pappa soek krappe |
Terug
in Pretoria het Adrian vir weke gevra om weer see toe te gaan. Ons sal beslis
gou weer gaan en hopelik dan vir Sponge Bob sien.
|
Tyd om huis toe te gaan |
No comments:
Post a Comment