Monday, September 12, 2011

Adrian hou partytjie saam met n T-Rex!

Die eerste keer wat jy by n fliek instap of n meisie se hand vashou sal altyd by jou bly. Daai gevoel van opwinding is onbeskryflik. So was my gevoel toe ons Adrian na sy eerste partytjie toe geneem het op 30 Julie. Sebastian het 4 jaar oud geword. Die partytjie tema was eg Jurasic Park met dinasoruse orals te sien, selfs die koek was ek ding n T-Rex, of so iets. Sebastian sal my dalk in die verband kan reg help. Nietemin, vir Adrian was dit n gspesiale dag. Met groot oe het hy na al die maatjies gekyk wat uitbundig rond hardloop en op die sprinkasteel spring. Pa het natuurlik met die kamera verseker dat die herhineringe van dag vir die toekoms bewaar sal wees. Met n mond voel dinasorus koek moes Ma en Adrian 'pose' vir die fotos.
Wat n heerlike dag was dit nie. Ek kan nie wag vir Adrian se 1ste verjaarsdag nie. Dalk sal die tema wees "Piet Padda"...

Adrian in Ma se arms by die lekkergoed tafel.

Pa en Adrian by die dinasorus springkasteel.


Adrian by Sebastian se 4de verjaarsdag. Gelukkig was dit n sonnige winters dag.

Wednesday, September 7, 2011

Adrian lag vir sy ratel op wiele.

Een van Adrian se gewildste speelgoed. Hy geniet dit so as Pa die 'rateltjie op wiele' rond stoot.

Monday, September 5, 2011

Terug werk toe...

Dit is vandag 5 dae na die tweede inentings en dit wil voorkom of hy bietjie siekerig is maar nie so erg soos laas nie. Hy sukkle om sy bottel klaar te drink, vermoedelik is sy keeltjie maar n bietjie seer. Ten minste drink hy darem iets. Sy slaap roetine is effe versteur, maar ons weet dit sal ook verby gaan.
Wat n swaar dag (5 September)! Ma moes Adrian vanoggend by Ouma Martha gaan aflaai. So het die kraam verlof ook tot n einde gekom (5 maande!). Dit was vreemd om Adrian in Ma se kar te laai. Pa moes maar hard sluk om n traan terug te hou. Ons gaan die tyd wat ons met hom kon spander die afgelope maand (Pa se vakansie) baie mis. Ten minste weet ons dat ouma mooi na hom sal kyk. Die seuntjie is maar net 22 weke oud, heeltemal te klein om uit die huis te wees maar die realiteit skop ook in.
Adrian met sy diere boek.
Ma en Adrian (21 weke)


Hoe klink n ou Bedford wat sukkel om aan te skakel?

Bedford

Adrian is nou al 18 weke oud (n rapsie oor 4 maande) en dra alreeds kleertjies vir 6-12 maande! Hy groei so vining. Augustus vakansie was fantasties. Pa kon saam met Ma 24uur n dag by Adrian wees  en die tyd saam geniet. Speletjies maak, voiding gee, bad tye en doeke ruil was aan die orde van die dag. Way n wonderlike tyd. Adrian se ontwikkeling is ongelooflik om te sien. Elke dag word nuwe mylpale bereik. Hy kommunikeer op n verskeie maniere met Ma en Pa. Hy lag en glimlag, die handjies reik gedurig uit na n mens om aan jou te raak. Vingertjies streel oor jou gesig en arms soos hy ontdek. Hy het deesdae defnitiewe gunsteling sppel goedjies. Die mobile bo die doekeruil kas met apie, volstruis en kameelperd, Willimien wurm, die “4x4” ratel met sy ses wiele, die natuur toneel “tv”, en natuurlik die hangende Piet Padda. Hy begin alhoemeer sy boekies geniet, veral die boekie oor diere. Sodra ma begin met “Eendag was daar…” dank an mens sien hoe intens Adrian begin luister en konsentreer . Sy lyfie word ook elke dag alhoe sterker. Hy rol himself om as hy op sy rug lê. Hou voorwerpe met twee handjies vas en lig sy lyfie as hy op sy maag lê.
Adrian is nie baie lief om alleen te wees nie en roep gedurig vir Ma en Pa met n herkende hoë not klank wat amper klink soos “hoy”. Hy laat ook jou goed verstaan as hy nou moeg is en wil slap met n klank soos n ou Bedford wat sukkel om aan te skakel “hooi-hooi-hooi”.
Elke dag saam met Adrian is soos om in n goeie fliek te sit. Never a dull moment, en n absolute plesier.
Adrian 17 weke oud
Adrian met sy "gangster" baadjie