Wat gebeur in Adrian se lewe?

Maandag 18 April: Vanoggend is Kona bekommerd oor n geel skynsel op Adrian se gesig vel. Ons besluit om hom eerder te vat vir toetse by Pretoria Oos Hospitaal. Die personeel by Pataloe was baie vriendelik en na n vinnige toets is vasgestel dat Adrian nie 'Geelsig' het nie en dat sy bilirubin telling 234 is, heelwat laer as 250 vir geelsig. Mamma en Pappa is baie verlig. Oppad huis toe noem Kona dat Adrian min of meer op hierdie tyd n week gelede gebore is. Met n vinnige blik op my horlosie sien ek dat sy op die minuut reg was!! Adrian is presies 1 week oud.

Dinsdag 19 April: Adrian, Mamma en Pappa het n nagmerrie van n aand! Mamma doen die eerste skof terwyl Pappa verlore slaap probeer opvang. Maag krampies hou hom aan die gang en teen 00:50 kan Mamma nie meer n oog oophou nie. Dit is Pa se beurt om huilende Adrian te vertroos.... Adrian is nie verniet Pa se blouoog appeltjie nie en binne 20 minute slaap hy. Teen 2:45 word Mamma wakker gemaak vir voeding en daarna slaap die mannetjie soos n droom.

Woensdag 20 April: Ouma kom hand bysit met middag ete en Juliette verskaf  idees hoe om die krampies hok te slaan. Die middag verloop sonder enige insidente en Adriantjie slaap en eet goed. Die mannetjie is besig om vinnig te groei en gaan more geweeg word!


Donderdag 21 April:Vandag is kliniek dag. Ma is vroeg op om vir Adrian te voed enPa sit hand by met doek ruil en bad. Om 10:00 is ons by die kliniek en word Adrian geweeg. Hy het sowaar 40g opgetel en weeg vandag 3,88kg. Dit is baie goed aangesien baie babas gewig verloor oor die eerste 2 weke. Dit is dus n baie positiewe teken wat wys dat hy gesond is!!!

Vrydag 22 April: n Heerlike vakansie dag met die son wat vir n verandering skyn. Adrian is baie rustig, slaap en eet net. Ma en Pa kry kans om verlore slaap ietwat in te haal. Badtyd was weereens baie spesiaal. Adrian hou niks van die deel waar room oor sy lyfie gesmeer word voor die bad nie, maar is well gek oor die bad deel!!

Saterdag 23 April: Ouma en Oupa Kobus en Martha kom inloer en bring heerlike sop vir aandete.


Sondag 24 April:Geen opwindende nuus nie. Adriaan het wel Pa so bietjie uit die slaap gehou tussen 23;00 en 1:00.


Maandag 25 April: Julliete, Johan, Sebastian en Gustaf kom die aan inloer. Julliete verskaf n heerlike slaai en lasagna. Sebastian het n welkom kaartjie gemaak vir sy nuwe nefie.


Dinsdag 26 April: Ouma Joyce, Oupa Philip, Suzette, Zanli en Tianu kom kuier. Vir Suzette, Zanli en Tianu is dit die eerste ontmoeting met Adrian. Die klein bondeltjie liefde kruip sommer vinnig in hulle harte in. Al moet Pa ook byvoeg dat Adrian by die dag mooier en ouliker raak, nie dat hy alreeds die oulikste wesentjie op aarde is nie. Mamma word deur Pappa 'getreat' met n 'facial' die middag.

Woensdag 27 April: Philip, Louise, Philip jnr en Ernst kom die oggend kuier. Louise het natuurlik weer haar kamara byderhamd en laat Adrian voel soos n 'Holywood' Ster!!! 

Dinsdag 17 Mei: Kona en Adrian word besoek deur Margeret en Thea. Hulle dink natuurlik dat Adrian die mooiste baba in Pretoria is. Die aand was maar n gesukkel om hom aan die slaap te kry. Gelukkig is daar niks wat n baba aan die slaap kan kry soos n goeie dosis voeding 23:00 die aand nie.

Woensdag 18 Mei: Verkiesings dag. Ma en Pa is by die huis en kan kwaliteit tyd met seuntjie spandeer.

Vrydag 20 Mei: Pa is weg tot Saterdag aand (in Pietermaritzburg) en Ma en Adrian eet die aand by Ouma en Oupa (van Rooyen). Dit is Adrian se eerste volwaardige aand uitstappie!

Woensdag 25 Mei: Adrian lig sy koppie amper 45˚ terwyl hy op Pa se bors lê. Dit wys net hoe sterk die mannetjie en veral sy nekkie is.

Maandag 30 Mei: Adrian kry sy 2de reeks inentings. Dit sluit in n paar inspuitings wat baie pynlik vir hom was. Ma het gelukkig deur die hele proses sy handjies vas gehou. Die res van die middag was hy maar knieserig en effe koorsig, wat blykbaar n newe effek is van die immuniseering. Die aand na sy voeding (19:30) slaap hy darem goed. Tydens die besoek by die kliniek is hy geweeg. Sy gewig is 5,89kg en hy is 60cm lank! n Bewys dat daar niks fout is met sy voeding nie.

Vrydag 3 Junie: Pa is weg op n sport naweek na Hilton en Ma en Adrian is "home a lone". Adrian bring heeltyd sy kos op en is baie kriewelrig met die gevolg dat hy sukkel om aan die slaap te raak. Ma en Ouma vat vir Adrian dokter toe. ma is baie onsteld want Adrian moet gaan vir X-strale en bloed trek. Die resultate wys dat hy bronchelisse het (of so iets). Hy kry antibiotika. Ma en Adrian bly die naweek by Ouma en Oupa sodat daar meer hande is om vir die siek baba te versorg.

Dinsdag 7 Junie: Pa kyk die aand na Adrian. Oupa Kobus het sy boek vrystelling en Ouma en Ma is na die geleentheid. Met Pa se aankoms verneem hy dat Oupa vir Adrian mooi musiek gespeel het, Pa verstaan nie waarom Ma so n bietjie onsteld was nie. Blykbaar het Oupa musiek vir Adrian oor sy Ipod gespeel, met oorfone en al. Pa dink egter dit is baie oulik en is oortuig dat hy darem nie permanente gehoor probleme ontwikkel het nie. Beethoven was dan n fantastiese komponis tenspyte daarvan dat hy doof geword het. Dit was n heerlike tyd wat Pa en seun kon bind. Adrian lyk klaar beter, alhoewel hy heelwat gewig verloor het. Die doeke is natuurlik ook erger weens die antibiotika. Die aand is besonderkoud en nog koue voorspel vir die res van die week. Ma en Pa besluit dat Adrian nie vandag huis toe kan kom nie.

Donderdag 9 Junie: Ma en Adrian is terug by die huis. Dit is heerlik vir Pa wat nie meer "besoek tye" het nie. Adrian se ogies blink weer.

Saterdag 11 Junie: Adrian is vandag 9 weke oud!

Dinsdag 14 Junie: Adrian het die laaste van die antibiotika gebruik.Hy slaap goed. Hy glimlag en lag al hoe meer. Hy het sy "mobile vreeslik geniet. Terwyl die mobile draai en mooi musiek speel het Adrian gekoer soos n hoender hen en met n groot glimlag nou en dan geskatter van die lag.

Donderdag 16 Junie: Jeug dag. Pa alweer by hokkie. Ma is nog steeds maar uitgeput van die min slaap. Vanoggend lyk Adrian maar blekerig met n kuggie nou en dan.  Ma is maar bekommerd en hou die situasie fyn dop. Blykbaar is n warm humidifier die aantwoord.

Sondag 26 Junie: Ouma Joyce, Oupa Philip, Suzette, Johan, Zanli en Teanu kom kuier. Adrian geniet Zanli baie en glimlag breed elke keer as hy sy niggie sien. Ouma kan nie glo hoe vinnig hy groeie nie. Adian word baie vasgehou deur Ouma, Zanli en Suzette. Hy geniet duidelik die aandag.

Maandag 27 Junie: Adrian se neuse is baie toe en hy hoes meer. Ma is maar bekommerd en besluit dat hy vandag dokter toe moet gaan. Hy sukkel baie om asem te haal wat natuurlik dit vir hom moeilik maak om te drink.