Tuesday, November 22, 2011

Flower power of rice powder

Op 21 Oktober, 1967 het n vroulike betoger in die VSA n blom vir n onluste polisieman aangebied. Die begin van n wêreld wye beweging bekend as “flower power”. Adrian is nou nie in die toonbeeld van n hippie nie, maar het die liefde en sagmoedige geaardheid van n blomme kind. Hy kan baie ongelukkig raak as die tandjie sny pla, maar kan net so skielik iets snaaks sien en skater van die lag. Ek kan darem nie glo dat kinders in sonde gebore word nie. Daar is geen kwaad in die klein lyfie nie.

Selfs met eettyd is dit maklik om die lepel met kos in die mondjie te kry – maak n snaakse geluid of gesig, en die mondjie gaan wyd op vir n glimlag of n skater lag. Dit is dan wat Pa of Ma vining die lepel met ryspap indruk. Maak nie saak hoe nie, maar die magie word uiteindelik vol.
Adrian die 'blomme kind' (32 weke)

Adrian fluks besig om die alfabet te leer.(29 weke)

Monday, November 14, 2011

Soos n Voortrekker nagmaal diens.

Daar is sekere gebeure wat vir die res van jou lewe by jou sal bly. Hoogtepunte wat n mens oor en oor in jou gedagtes oproep, om te verseker dat die beelde en emosies altyd by jou sal bly. Hoe sal ek ooit die beelde en emosie vergeet wat deur my gedruis het toe Adrian die eerste keer gesnak het na asem, die koppie wat tussen die skouers ingetrek is, ogies styf toe, vuisies gebal soos twee ping-pong balletjies, en dan..... die asem met n skreeu geluidjie wat wys dat alles wel is met hom. Die eerste keer wat hy in my arms geplaas word met n rustige asempie wat my wang sagkuns streel. Die woorde "hier is jou seun" aan Kona.

Sondag 6 November was ook so n dag. Reeds weke voor die dag is Kona besig om reelings te tref, wat Adrian gaan aantrek, wat se eet goedjies aangebied gaan word en natuurlik wat sy gaan aantrek. Doop dag is altyd n groot geleentheid in die Afrikaner kultuur. Familie lede het van heinde en vêr op die plein voor die ou statige kerktoring hulle span osse staan gemaak. Die dag was net so. Familie en vreinde het motors voor die kerk in die straat af geparkeer om saam met ons Adrian se doop te vier.

Die diens in die NG Kerk Waterkloof was n diens wat ons nooit sal vergeet nie. Om voor die gemeente en familie te staan en te hoor wat ouers se verantwoordelikheid is en om n belofte voor God te maak is baie spesiaal. Hoe trots was ons nie toe Oupa Phillip vir Adrian in die kerk in bring nie. n Pure  'grand entrance' van agter die kerk tot voor by die dominie. Adrian was natuurlik op sy stukke en het op sy gemak gelyk. Hy het pen-orrent in Oupa se arms gesit en kyk vir al die vreemde mense wat hulle oë nie van hom af kan hou nie. Selfs dominie Andre vra vooraf verskoning dat Adrian dalk gaan huil met al die water wat oor sy kop "gedrup" gaan word. Min het hy geweet dat Adrian gek is oor bad. Met die water wat oor die kop rol probeer Adrian natuurlik by die bak met water uitkom. Met n glimlag probeer hy sy handjies in die water spat soos wat hy elke dag in die bad doen.


By die huis is behoorlik fees gevier met die heerlikste eetgoed. Daar was tot laat gekuier. n Doop is waarlik soos n voortrekker nagmaal diens!


Trotse Ouers voor in die kerk.

Adrian met sop nat hare na die doop bediening.

Ma en Pa sing n loflied uit volle bors.