Saturday, February 16, 2013

Hossie op die trampol


Hoe sou ek ooit kon dink dat tyd so vining verby kan vlieg. Ons is al 'n maand in die nuwe huis op St Albans kampus en Adrian is reeds 21 maande oud! Nog steeds is elke dag ‘n wonderwerk. Sy woordeskat verdubbel by die dag. Hy is reeds instaat om redelik duidelik vir ons te laat verstaan wat hy wil hê – spring trampol (eintlik trampoline) of kom saam (asof Ma iewers heen moet gaan saam met hom) ‘viiideo kyk’ of ‘Heidie kyk’ (as hy TV wil kyk) baie mooi (enige iets wat vir hom mooi is) mooi bomme (mooi blomme) kar ry (as hy in Pa of Ma se kar wil sit en stuurwiel draai en enige ander knoppies wil druk) en die lys gaan aan.

Dit is baie moeilik vir my om hom in die oggend by die huis te laat saam met Lena. Ek moet ongesiens by die skuifdeur uitglip anders raak hy baie ongelukkig. As Lena (vir wie hy baie lief is) by die huis opdaag in die oggend, sê Adrian baie gou ‘babaai Lena’. Hy weet dan baie goed dat Ma en Pa binnekort die huis gaan verlaat om te gaan werk en hom dan agterlaat.

Hy is nog steeds baie lief om met sy karre te speel en bymekaar te maak. Hy het egter die plesier van klei ontdek. Hy sal sommer al vroeg in die oggend my hand vat en sê ‘kom, klei’ en dan moet ek saam met hom na sy kamer gaan waar hy sal bevel ‘sit stoel’ (om by sy tafel te sit) en ‘maak oop’ (om die klei houertjies oop te maak). Dit word dan gevolg met ‘bomme’ (blommetjie klei vorm), hatjie (hart klei vorm) of siikel (sirkel klei vorm). Die klei vorms sal hy dan die hele huis vol dra.

Een van die beste kopies vir Adrian was ongetwyfeld die trampolien. Adrian wil gedurig spring! As hy deur die veiligheids net getel word, gryp hy jou hand en sê “sping saam”. Dan moet Pa maar in klim en saam spring en terwyl ek moet “hossie” (hash, hash we all fall down) sing. Adrian sal skater van die lag as ons albei op die trampolien mat val aan die einde van die liedjie. Dit word dan gevolg met “nog, nog”, net om weer die liedjie te sing.

Adrian gaan volgende week vir die eerste keer skool toe. Dit gaan baie moeilik wees om Adrian die eerste paar keer te vat en te weet dat Lena nie daar is vir hom nie. Hopelik sal die oorgang nie te traumaties vir Adrian wees nie.