Thursday, March 14, 2013

Adrian die Lammetjie




Adrian het by sy nuwe skool begin, Bambini. Die dag wat Kona na die skooltjie gaan kyk het, het sy my dadelik gebel en ingelig dat dit die skool vir Adrian is en dat sy mydadelik gaan  kom oplaai om dit te sien. Al hoewel Adrian reeds 5 dae vantevore by ‘n ander skooltjie begin het, hetdit nie vir Kona verhinder om tog te gaan kyk nie. Met my aankoms by die skooltjie om 17:00 die middag het ek onmiddelik geweet, dit is die plek vir Adrian – ruim, mooi grasperk, groot sandpit, reuse junglegym, scooters en fietsies asook kappok hoendertjies wat in die mooi blombeddings romd skrop. Die klaskamertjies is ‘n kaleideskoop van kleure met helder  tafeltjies en stoeltjies en kunswerke deur kleinhandjies. Presies soos ek en Kona altyd sy toekomstige skooltjie gevisualiseer het!

Die volgende oggend om 10:00 stap Kona by die hoof/eienaares se kantoor in om haar te oortuig om plek te maak vir Adrian. As ‘n Ma iets vir haar kind wil hĂȘ sal niks in haar pad kan staan nie! Die volgende dag is Adrian amptelik ‘n lid van die Lammetjie klas.

Vir Adrian is skool toe gaan ‘n groot aanpassing. Skielik is dit nie meer hy alleen met Lena nie, maar hy, tien ander kindertjies  en een juffrou met drie hulpe. Dit is nie net meer sy stemmetjie wat in die huis weergalm nie, maar veertig ander stemmetjies. Sy oggend slapie om 9:00 verander na ‘n middag slapie om 11:30.Ons besef darem dat alle kindertjies mettertyd gewoond raak aan die nuwe roetiene.

Die skool toe gaanery het wel oggende baie meer gekompliseer. Adrian moet nou al reeds 6:30 gereed wees met skoon doek, skoon klere, tannie borsel, ens. Gelukkig wil Ma en Pa albei  vir Adrian skool toe neem, net om vir oulaas vir hom ‘n soen en drukkie te kan gee voor die lang dag begin. Dieselfdegeld in die middag. Dit word amper ‘n resies om verantwoordelikhede af te handel om eerste by Adrian se skool op te daag en die lyfie te groet!

Adrian geniet die skool baie. Hy is besonder lief vir verfwerk en speel al te lekker met die ander maaitjies. Bambini, met sy mooi versorgde geboue en tuine is net die plek vir Adrian.