Sunday, July 20, 2014

Studio fotos

Na die groot opwinding van die 'photo shoot' het ons met groot afwagting vir die fotos gewag. Die dag toe ons die fotos vir die eerste keer sien het ons geweet dat dit baie moeilik gaan wees om fotos te kies wat op canvas gedruk moet word. Ons sal maar 'n paar keer moet weer kyk om al die fotos af te skaal na ons gunsteling fotos. dan die vraag - "een groot canvas met a collage" of 'n paar indivuduele canvases? Ten minste het ons nou 'n paar ordentlike gesins fotos wat vir die oumas gegee kan word.



Adrian was die week by die huis aangesien Bambini vir die week gesluit is. Dit het dinge nog al om vêr gegooi in die Enslin-huishouding! Helen, wat twee huise van ons af bly, was gelukkig beskikbaar om in te staan as 'n "au-pair" vir drie dae. Donderdag moes pa maar afvat van die werk en Vrydag was dit Dabea se beurt. Helen het onder andere vir Adrean laat soet koekkies bak, Pa het weer op sy beurt vir Adrian gevat om roomys te eet, 'n Danie Driehoek uit te kies by Toys-R-Us en Ma het hom laat verf op groot velle pappier. Hy het selfs Vrydag, terwyl Pa en Ma met hom gaan stap het, 'n lekker modder poel ontdek waarin hy heerlik getrap het mwt sy bootsies. Maar gou het die bootsies in die modder vas gesuig en beland Adrian met sy kouse in die modder. Groot pret vir hom!