Wednesday, October 14, 2015

Bak-en-brou

Wat doen 'n mens tydens vakansie met 'n seuntjie van 4 wat verveeld word? Bak-en-brou natuurlik. Adrian het al lankal vir Kona gevra om te bak-en-brou soos wat hy by die skool doen. So het die dag ook aangebreek. Adrian was baie opgewonde om sy handjies in die deeg te druk en die cupcake pannetjies vol te stop met deeg. Die lekkerste was natuurlik toe die versiersuiker gemeng was. Daar was meer geproe as gemeng. Maar uiteindelik was die gebrou klaar en kon die Barney-cupcakes in die oond geplaas word. Die cupcakes was nog vir weke na die tyd as 'n lekkerny geniet!

So vlieg die jare verby

Voor ‘n mens jou oë uitvee is ‘n jaar of twee verby. Waar begin ek as eke k so lanklaas iets gekryf het oor Adrian. Daar het soveel dinge gebeur wat ek graag wil deel. Adrian het 4 jaar oud geword tussen al sy plannete en sonne, nuwe kleuterskool, leer swem, tel tot 30, sing “liedjies’ van Beethoven (Little Einsteins) en peel sy ipad game.

Adrian het sy 4de verjaarsdag gevier met ‘n plannete tema. Ek en Kona moese weke voor die tyd begin om plannete, sonne en ‘rocket ships’ te druk en uit te sny. ‘n Groot swart doek moes gekoop word wat die ruimte voorstel waarop die planete en dinge geplak kon word. Self planneet modelle moes gemaak word en geverf word soos wat dit werklik lyk. Dié is in ‘n mobile gehang. Natuurlik sou die partytjie nie suksesvol kon wees sonder ‘n springkasteel nie. Kona het gesorg vir al die eetgoedjies. Wat ‘n vreugdevolle dag was dit nie. Die geskreeu en lag van kindertjies was oorverdowend!

Adrian het ook die jaar by Menlopret begin. Hy is in die bytjieklas by Juffrou Lize. Hier het hy gou nuwe maaitjies gemaak, veral met Ronnie. Hy sal ons ook gereeld reghelp met feite, want Juffrou Lize sê soo, en juffrouens weet mos altyd alles. Dit het ook ‘n roetiene geword dat wanneer ek hom by die skool oplaai stop ons by Greenline Vilage vir ‘n donught voordat ons huis toe gaan.

Die eerste jaar van swem by Tannie Alex was sekerlik een van die hoogtepunte vir Adrian in 2015. Elke Maandag en Woensdag kan Adrian nie wag om in die swembad te kom nie. In die begin moes hy net spring soos ‘n padda dan borrels blaas en weer spring. Later het hy geleer om op sy rug te dryf soos ‘n wafferse seestêr. Toe begin die swem met ‘n skopbordjie waar hy leer om te skop en borrels te blaas, assemskep en weer borrels blaas. Hy het ook geleer om ‘n bottel op die bodem van die swembad uit te duik (darem by die vlakkant). Na die eerste winterbreek is Adrian terug in die swembad. Ek kon nie glo hoe goed hy kon swem na so ‘n lang breek nie. Selfs by ons huis se swembad swem hy al sonder sy vlerkies! Passop Cameron van den Bergh, hier kom Adrian Enslin…

Nommers en letters is sekerlik Adrian se gunsteling speelgoed. Hy pak gedurig nommers uit en versamel 6se of 9es. ‘n Dag of wat later sal dit weer al die G’s of A’s wees wat versamel en uitgepak word. Hy is ook baie lief daarvoor om letters en nommers uit te ken terwyl ‘n storie vir hom gelees word.


Elke aand wanneer ek by die huis kom na werk vra Adrian “het jy my ipad gebring”? Wat hy eintlik vra is of hy sy ‘Ninja Run’ op die tablet kan speel. Kona reguleer die tyd baie streng en maak seker da thy net sy 10-15 minute speelkans kry. Dit is mos baie beter om eerder bloke te bou of trampoline te spring of my buite in die tuin te help.