Monday, May 23, 2011

Vyf weke en 5kg!!

Nooit sou ek kon raai hoe vinnig n baba groot word nie. Van 3,84 kg tot 5kg in 5 weke! Maandag, 16 Mei het Ma en Pa vir Adrian na die Pedeater geneem vir n vinnige ondersoek. Daar was 'gevrees' dat Adrian dalk reflux kon hê. Die dokter het Ma en Pa gerus gestel en ons daarop gewys dat dit normal is vir babas om kos op te bring na voeding, alhoewel in klein hoeveelhede. Die feit dat hy maar knieserig is kan dalk te wyte wees aan windjies of dalk te min melk. Ma is ook aangesê om alle soet produkte te vermy. Daar gaan Ma se “jungle juice” en gunsteling papajas. Hopelik sal dit vir Adrian help om goed uit te rus tussen voedings en maksimaal te groei. O ja, natuurlike vir Ma kans te gee om ook verlore slap in te haal.
Dit is so wonderlik om te sien hoe Adrian groei. Sy gesigie is minder rond en lyk blykbaar almeer soos Pa. Hy is definitief meer bewus van sy omgewing en die wakker tye is langer en meer gefokus. Ons kan nie wag vir die eerste glimlag as hy vir Ma of Pa sien nie. Dit kom blykbaar eers na 6 weke!

n Trotse Ma met Adrian op 5 weke.

Christine, Tanya en Kona met Adrian.


 

No comments:

Post a Comment