Thursday, June 23, 2011

Vadersdag is soos om jou eerste kar te bestuur..

Vadersdag en moedersdag is n geld makery.... Die dag het egter n nuwe betekenis vir my gekry. My eerste vadersdag kaartjie was soos om jou eerste TV speletjie te speel (dit was in die 80's natuurlik) of om jou eerste kar te bestuur. n Gevoel wat n mens nie kan beskryf tensy jy dit self erfaar het nie. Adriantjie het so waar onthou!!! Na n goeie nag rus word ek Sondag oggend vroeg wakker gemaak deur Kona om die doekie te doen. Natuurlik wil ek, maar die lyf is nie so gretig nie. Net na die doek wag Ma met n bree glimlag en n kaartjie in die hand - "Gelukkige vadersdag...van Adrian". Adrian is môre
10 weke oud en ek kry my eerste vadersdag kaartjie van hom! Die vreugde van Pa wees.

My eerste vadersdag kaartjie van Adrian (10 weke oud)

Dit is amptelik die middel van winter, die wat nooit Geografie gehad het nie - die 21ste Junie. Die koue het behoorlik ons toe gevou met die gepaard gaande hoesies en loop neuse. Adrian is ook nie gespaar nie. Net toe hy herstel het van sy broncheliese pak die verkoue hom beet. Hy sukkel met drink (selfs n honger baba MOET tussen die drink asemhaal) en dit versorg groot frustrasie vir hom. Ten spyte daarvan groei hy soos Jan se boontjie rank. Sy glimlaggies en laggies word by die dag meer, tot groot plesier vir Pa en Ma.


Adrian glimlag met Ma wat geluide vir hom maak.

Met die koue moet Adrian vinnig gebad word. Hy kan ongelukkig nie te veel skop en speel in die water nie. Dit moet maar wag vir die warm somer maande.


n Lekker warm bad tydens n koue wintersdag!

n Skoon Adrian net na sy bad.

Tuesday, June 14, 2011

Elke donker wolk het n silwer randjie.

Adrian is vandag 9½ weke oud. Laas week was die mannetjie siek en moes hy antibiotika gebruik. Dit was swaar vir Ma wat hom aan die slaap moes kry, veral gedurende die dag. Seer keeltjie, koors en ligte asma het dit vir Adrian moeilik gemaak om te slaap en om sy kos in te hou. Gevolglik hy heelwat gewig verloor het. Gelukkig kom alle slegte dinge tot n end, en is hy nou baie beter. Sy gesiggie is weer rond en sy kleertjies is so waar te klein!! Nommer 2 Pampers word veruil vir nommer 3's!
Soos die gesegde lui "Elke donker wolk het n silwer randjie" of is dit dalk elke vuil doek het n skoon randjie. Ten spyte van die siekte het Adrian begin glimlag en lag geluidjies maak wanneer hy Ma of Pa se gesig sien en veral as hy vermaak word met n speelding. Dit is wonderlik om te sien hoe hierdie persoonlikheidjie ontwikkel. Hy begin stadig aan besef dat die twee "goedjies" aan die die einde van sy arms wel SY hande is. Hy begin al hoe meer gryp in die rigting van bewers en stimulasie prentjies. Veral wanneer hy die abstrakte gesig op sy gunsteling stimulasie bord sien. Hy maak ook meer koer geluidjies van plesier wanneer Ma en Pa met hom speel of selfs n doek om ruil. Gisteraand (14 Junie) het hy ook vir die eerste keer so te sê deur geslaap, vanaf 22:30 tot 05:15! Veral Ma was verheug, sy kon die eerste keer in 9 weke vir 6 ure slaap.


Adrian lag vir sy "mobile" wat draai en mooi musiek speel.

Adrian in sy pikkewyn pakkie. Dankie Angus.

Adrian het in die week sy eerste bottel gehad. Hy het nie veel gedrink nie maar het wel die tweede keer toe Pa hom die byvoeding gee, als opgedrink. Pa het dalk die meeste van die melk in sy mond in "geforseer" maar hy het dit nogsteeds gedrink.

Ouma help met die eerste bottel.

Adrian lag vir sy mobile.