Thursday, June 23, 2011

Vadersdag is soos om jou eerste kar te bestuur..

Vadersdag en moedersdag is n geld makery.... Die dag het egter n nuwe betekenis vir my gekry. My eerste vadersdag kaartjie was soos om jou eerste TV speletjie te speel (dit was in die 80's natuurlik) of om jou eerste kar te bestuur. n Gevoel wat n mens nie kan beskryf tensy jy dit self erfaar het nie. Adriantjie het so waar onthou!!! Na n goeie nag rus word ek Sondag oggend vroeg wakker gemaak deur Kona om die doekie te doen. Natuurlik wil ek, maar die lyf is nie so gretig nie. Net na die doek wag Ma met n bree glimlag en n kaartjie in die hand - "Gelukkige vadersdag...van Adrian". Adrian is môre
10 weke oud en ek kry my eerste vadersdag kaartjie van hom! Die vreugde van Pa wees.

My eerste vadersdag kaartjie van Adrian (10 weke oud)

Dit is amptelik die middel van winter, die wat nooit Geografie gehad het nie - die 21ste Junie. Die koue het behoorlik ons toe gevou met die gepaard gaande hoesies en loop neuse. Adrian is ook nie gespaar nie. Net toe hy herstel het van sy broncheliese pak die verkoue hom beet. Hy sukkel met drink (selfs n honger baba MOET tussen die drink asemhaal) en dit versorg groot frustrasie vir hom. Ten spyte daarvan groei hy soos Jan se boontjie rank. Sy glimlaggies en laggies word by die dag meer, tot groot plesier vir Pa en Ma.


Adrian glimlag met Ma wat geluide vir hom maak.

Met die koue moet Adrian vinnig gebad word. Hy kan ongelukkig nie te veel skop en speel in die water nie. Dit moet maar wag vir die warm somer maande.


n Lekker warm bad tydens n koue wintersdag!

n Skoon Adrian net na sy bad.

No comments:

Post a Comment