Tuesday, July 26, 2011

Baba geluidjies en speeltyd

Adrian is 15 weke oud en het gister (Maandag 25 Jul) sy tweede rondte inentings gehad. Twee inspuitings, een op elke been. Adrian was baie dapper. Met die eerste inspuiting het hy nie eers n geluid gemaak nie, maar met die tweede inspuiting het die traantjies gerol. Ma was gelukkig byderhand om dadelik te troos. Hierdie week het n "GROOT" koue Gauteng weer getref en ons hoop dat Adriantjie nie weer so siek gaan word soos na die vorige inentings nie.
Hy maak nou baie gereeld geluidjies sodra hy vir Ma of Pa sien. Hy is a vrolike mannetjie wat mal is daaroor om met ons te kommunikeer, hetsy geluidjies te maak of te lag. Elke dag is dit wonderlik om te sien hoe die persoonlikheid verder ontwikkel en die interaksie met Ma en Pa meet intens word.


Adrian is altyd so bly om met ons te sosialiseer.

Thursday, July 21, 2011

One small step for mankind, one giant leap for .... Adrian se ontwikkleling

Adrian is al amper 14 weke. Dit is absoluut verstommend hoe vining die tyd vlieg en hoe vining hy groeie. Dit transformasie wat hy deurgaan is ongelooflik. Hy ontwikkel nie net fisies nie maar ook op ander terriene soos sy persoonlikheid, sy eie identiteit, duidelik voorkeure en afkeure, ens. Hy raak nou baie sosiaal. Hy hou niks daarvan om alleen gelaat te word in sy kammer nie. Sy oortjies is heeltyd gespits om te hoor of Ma of Pa dalk verby sy deur loop. Indien wel, sal hy baie vining steun en roep geluidjies maak net om ons duidelik te laat verstaan hy is wakker en wil eerder by ons wees. Al sit hy net in sy “bons” stoeltjie en kyk na ons. Die mooi glimlaggie word nou aangevul met kraai geluidjies as hy lag. Hy vind naatuurlik sy Pa se gesig trek baie snaaks of Ma se snaakse woordjies. Hy het selfs begin om sy rateltjie self vas te hou en dit in die lug rond te swaai. Blykbaar is babas veronderstel om voorwerpe eers op 3 maande in hulle palms vashou te kan hou. Elke dag is daar nuwe mylpale wat bereik word soos byvoorbeeld om n bal (met klokkies binne in) rond te skop terwyl hy lĂȘ. Sy ruggie en nek is baie sterk en hy is in staat om homslef reeds regop te hou.
Ma is natuurlik baie bekommerd da thy dalk te vining ontwikkel en dalk ‘kleiner’ mylpale gaan mis. Sy beentjies is reeds baie sterk en dalk loop hy voordat hy kan kruip.
Adrian ontspan na n speel sessie
Adrian verskaf ook groot plesier deur woorde te herken. Noem die word ‘Piet padda’ en hy kyk dadelik in die rigting van die groen padda pop wat in die middle van sy kamer hang, of perd en hy kyk na die stok perd wat kan runnik teen sy kas deur. Sy ogies is soos a water pas wat heen en weer geswaai word. Hulle beweeg heeltyd rondo m nuwe voorwerpe, patrone en kleur te sien, met die gevolg da thy veel eerder rond kyk gedurende die dag as om soms te slap ook.