Monday, June 24, 2013

Twinkle, twinkle little star bo die paddastoele.


Adrian is mal oor sy skool. Elke oggend sê hy dat hy by sy maatjies wil gaan speel. Hy kan nie wag om by Tannie Rienie te kom en sy maatjies te groet nie. So het di took gekom da thy sy eerste rapport huis toe bring. Ai, was sy mamma en papa darem trots op die seuntjie. Hy doen alles baie goed en beindruk vir Tannie Rienie geweldig (behalwe vir die doek nat maak nog). Maar dit pla ons nie, die ‘saakie’ sal nog hanteer word. Waar het jy al gesien dat n twee jarige in Afrikaans en Ensgles kan tel tot 16? Of liedjies soos ‘Daantjie kat’; 'Twinkle Twinkle little star’ en ‘Happy birthday’ uit volle bors kan sing! Hy is baie lief vir sing en Pa en Ma moet maar gedurig saam inval wanneer hy begin sing. Maak nie saak of dit by die huis of in ‘n winkel is nie.
Adrian speel en sing

Tegnologie is reeds deel van sy alledaagse lewe. Hy weet presies wanneer Telletubies of Micky Muis gaan begin. Dan sal hy jou aan die hand vat en duidelik laat verstaan dat dit nou op ‘tellewiesie’ gaan wys. Doek ruil raak al hoe moeiliker aan gesien dit onnodige speeltyd in beslag neem volgens Adrian. Dus moes Pa maar ‘n plan maak. Tegnologie was die antwoord. Paar minute op ‘Google Play’ en die regte app is vining afgelaai. ‘Plaas huisie’ was net die regte ding. Dit is ‘n interaktiewe storie boek waar Adrian die liggies van die plaas huis moet afskakel. Telkens as hy die regty pyltjie druk neem dit hom na ‘n spesifieke plaas dier. Die lig skakelaar moet dan afgeskakel word en die dier gaan lê om te slaap. Op die ou end gaan die seuntjie in die plaas huis ook slaap. Groot pret vir Adrian.

Adrian praat nou al baie goed en is instaat om himself baie duidelik uit te druk. Hy maak maklik 4 woord sinne en vertel graag oor goedjies wat hy sien. Hy is mal daar oor om die vissies in die skool damme te gaan voer. Dit word ‘n ritueel om elke middag vissies te voer. Terwyl ons dan by die sportvelde is begin hy sommer ook paddastoele te soek. Paddastoele is die sport beacons wat altyd op die rugby velde agter bly. Met ‘n opgewonde stemmetjie sal uit uit roep ‘Paddastoel’ en in die rigting waarin hy wys begin hardloop. Een middag moes ‘n hokkie afrigter dit ontgeld. Met groot moeite het hy ‘n hele spul beacons uit gepak, net om terug te kyk en te sien dat Adrian is besig om hulle een vir een bymekaar te maak. Dit was ook nie so maklik om die ‘paddastoele’ weer terug te kry nie. Sy Mamma hoop net dat hy nie 'n 'hoarder' sal word nie. Hy is baie lief om 'goedjies' bymekaar te maak. Veral as dit dieselfde tipe goedjies is.

Adrian die versamelaar

 Baie mense het gesê dat ‘n goeie slaap routiene word beter soos hy ouer word. Ek betwyfel die stelling ten sterkte. Adrian word elke aan wakker om 00:30 en 04:00 en roep dan luidkeels ‘kom papa, kom’ of ‘dummy, beertjie’. Die vieruur tyd is da nook die tyd wat hy wil hê sy Pappa moet by hom lê, anders staan hy dood-een-voudig op en stap na ons slaapkamer waarna hy aankondig ‘klaar geslaap, tubbies’. Dit beteken, hy is wakker en geen kans vir Pappa om nog te slaap nie. Dus, moet hy voorgespring word en moet ek by hom inkruip voordat hy die pad kies. Dit is darem ook lekker om by die klein mensie in te kruip. Ek gee nie om daarvoor nie. Die ‘klaar geslaap’ deel is wat mamma en Pappa ‘vrees’.

Hierdie seuntjie is ook baie lief vir dans en bewegings. Wanneer daar musiek speel of iemand dans op Telletubies dan sal Adrian hulle prober na boots en begin dans.

No comments:

Post a Comment