Sunday, June 30, 2013

Wat nie reg is nie, is stukkend

Adrian se woorde skat en vermoe om sinne te maak verbeter by die dag. Dit is nou moontlik vir hom om sinne met 5 woorde te sê. Daar is dus minder frustrasie om himself uit te druk. Hy kan self vertel hoe sy dy dag by die skool was – “dit is lekker Pappa”.

 Hy kan ook ons baie duidelik laat verstaan as hy iets nie wil doen nie. Mamma sal voorstel dat hy moet gaan bad of ‘n skoon hempie moet aantrek dan sal hy sê “ek wil bad nie” of “ek wil hepie aantrek nie” Hy verstaan ook baie goed wanneer iets nie reg is nie. As iets val en breek sal hy luidkeels uit roep “Ag nee papa, tukkend”. Net vanoggend het hy by die sitkammer mat gesit wat op die een hoek op gerol was. Hy was ongelukkig dat die mat nie ‘reg’ was nie en het uitgeroep “mat is stukkend” en self die probleem op gelos.


Adrian maak self die mat reg wat "stukkend" was

Liedjies sing bly sy gunstelling. Hy sing graag “Twinkle twinkle little star”, “Daantjie kat” of “Happy birthday” terwyl hy entoesiasties saam dans. Sy eie wil begin ook baie sterk word. Hy sal outies in ‘n bakkie rond dra maar Mamma of Pappad durf nie hulle self deeraan te help nie of hy sal baie duidelik laat verstaan dit is syne met “nee, mynne” en handjies uitstrek om dit terug te vat.

Die verbeeldings wereld van Adrian verskaf baie vermaak vir ons. Daar is gedurig iets wat hy uit dink tot groot vermaak vir Pappa en Mamma. Hy sal bevoorbeeld lang gesprekke hou met sy ewebeeld in die oond venster of sy skaduwee in die son. Hy sal sy motorkarretjies onder die bank weg steek en begin iets verduidelik (nie altyd baie duidelik nie) waarna hy skielik op sy magie sal le en die karretjies weer uit haal, net om hulle te herranskik op die TV tafel. Al hoppende sal hy elke karretjie een vir een na die tv kamer tafel toe aan dra. Hy het selfs sy geel Winnie the Poe bekertjies uitgepak en 'vorm kaart' netjies in elk gepak.

Vorm kaartjies in Adrian se bekertjies

Kort kort moet ek vir hom 'n huisie bou. Hy sal uit die bloute na Pappa of Mamma stap en aankondig dat hy 'n huisie soek. Vanoggend moes ek weer 'n huisie in ons slaapkamer bou. Hy sal dan binne die huisie partytjie koek en tee vir sy bere voer of Telletubies in sy 'TV' kyk (die muur verwarmer). Mamma en Pappa word ook soms ingenooi, maar eers as ons klop dan sal hy vra "is daar iemand".

Adrian in sy huisie


No comments:

Post a Comment