Sunday, June 22, 2014

Adrian, die stêrrekundige!

Winter Foto's en shapes

Tyd is die grootste geskenk wat ‘n mens kan kry. Voor jy jou oë uitvee is ure, dae, maande en jare verby. Dit het ons opnuut besef toe ons na ons geraamde fotos kyk en besef dat ons het geen onlangse fotos van Adrian nie. Ouma Joyce vra ook al lankal vir mooi familie foto's. Michele was toe gaaf genoeg om ons te nooi vir ‘n ‘photo shoot’ in haar studio. Wat ‘n erfaring! Die aanloop na die groot dag was net so opwindend. Kona het besluit da tons almal die dag oranje, wit en groen moet dra. Winkels toe, klere en kleure word gepas en uiteindelik is ons uitgerus vir die dag.

Gereed vir die 'photo shoot'

By die studio organiseer Michele ons en die kamera begin te click. Die stêr van die dag was natuurlik Adrian. In so ‘n mate dat Michele die meeste van die tyd hom op sy eie afneem. Daar was darem ook genoeg tyd vir familie fotos. Maar ek moet dit uitlig dat Adrian ‘n ‘natural’ is voor die kamera. Hy het in sy wit hempie en denim tussen gkleurde balle gespeel, binne ‘n sinkbad gelê, ‘n waentjie met balle gtrek, teen die muur soos ‘n wafferse top model teen die muur gestaan, ens. Dit was ‘n oggend van lag en plesier! Ons sien uit om die fotos te kry.

Adrian is mal oor ‘shapes’. Van vierkante to driehoeke. Hy het vir elke vorm selfs ‘n naam gegee. Hier volg die lys –
  • ·Fanie vierkant
  • ·      Sarel sirkel
  • ·      Danie driehoek
  • ·      Ollie oval
  • ·      Hansie hart
  • ·      Susan seshoek
  • ·      Oktogan agthoek
  • ·      Karl kruis
  • ·      Reghardt rehoek


Fanie vierkant

Danie driehoek
Pa moes ook natuurlik al die vorms uitsny en gesiggies op teken. Die mondjies moes altyd tande kry, 2,  3, 4 of 5. Adrian het selfs die vorms met sy arms uitgebeeld. Vorms word orals raak gesien, of dit in die plaveisel is of in ‘n struik, hy sien dit orals raak. Sy gunsteling vorm is vierkant, want Sponge Bob is ‘n vierkant. Klei word ook heeltyd in vorms gedruk en moet selfs saam bed toe gaan. Hopelik gaan dit sy Wiskunde eendag baie help.

Winter het behoorlik op ons neergesak. Adrian het gou geleer van seisoene. Met die koue winter val al die blare van die bome af. Hy was tranerig die dag toe mamma verduidelik dat die blare dood gaan en afval. Hy het glad nie saam gestem nie. Volgens hom val die blare net af want hulle word bruin, maar hulle is nie dood nie. Die hoogtepunt van winter is die hope blare wat op die grond bymekaar gehark word. daar is so baie blare dat dit vir hom 'n 'berg' word. Die berg is groot genoeg vir hom om baie plesier is te he. Alhoewel dit betekn dat hy 'n behoorlike bad na die tyd moet kry.

Adrian wys hy is drie jaar oud tussen die winter blare


Waar is Sponge Bob?


“Ek is nog ‘n bietjie besig, hoor” Dit is deesdae wat Adrian gereeld sê wanneer hy geroep word om iets te kom doen. Hy is ‘n besige mannetjie. Hy hou himself besig met sy ‘shapes’, karre, klei en kasteel en balle. Hy sal maklik by die tuinhek uit dwaal om ‘bossies’ te speel. Ek het bossies in die oprit uit getrek en die word deur Adrian versamel. Groot was die pret toe die bossies aan die brand gesteek was.

Adrian en sy "Sponge Bobs"

Maar eers terug na April. Adrian was by Bob. Bob is sy gunsteling karraktertjie van ‘Sponge Bob square pants’. Bob bly in die see. Die opgewondenheid het hoog geloop al die pad af na Winkelspruit. Op pad af het ek vir hom sy dvd spelertjie gemonteer teen die sitplek voor hom. Hy kon dvd's van Tannie Carike en telletubies kyk. Hy het selfs die ‘Liewe heksie stories’ baie geniet Adrian gaan uiteindelik vir Bob ontmoet. Daar aangekom en ons moes dadelik strand toe. Adrian het vergeet hoe groot die see is want hy kon glad nie vir Bob sien nie. Ons het wel baie skulpe opgetel en Adrian het  sandkastele gebou met ‘n klom stokke wat soos vlagmaste by die kasteel uitsteek. Elke dag was groot pret, hy het sand duine uitgehardloop, by sand walle af gegly, in die gety poel en die strand swembad geswem. Die hoogtepunt op die strand moes wees die krap in die gety poel. ‘Mr Crabs’ (van Sponge Bob) was wel ‘n bietjie kwaai maar het wel baie pret besorg. 
Adrian spring by die sandwalle af
Op die derde dag is ons Durban toe om uiteindelik vir Sponge Bob te sien. Die akwarium by U'Shaka. Al die kleurvolle vissies, jelly vise en haaie was te wonderlik om te sien en Adrian het van die een glasvenster na die volgende gehardloop. By die tenk waar die seekatte in was het Adrian skoon gegil van opgewondenheid – Mr Squidward (ook van Sponge Bob). Die seekat het stadig oor die rotse beweeg en van kleur verander en selfs teen die vester reg voor Adrian verby geskuif. Dit was wonderlik vir Adrian, ten spyt van die feit dat Squidward eintlik a squid is. In die aande het die skulpe baie pret besorg, veral in die bad. In die aande moes ma en pa hulle rolle verander. Ma was “Liewe Heksie” en Pa “Blommie Kabouter”. Ma moes selfs die woonstel rond vlieg op haar besemstok met Koning agter op. Koning Rosebaard was natturlik koning. Adrian moes gedurig reghelp as koning Rosebaard aangespreek was “nee, koning Rosekraans!". Ai mamma.
By Durban U'Shaka Marine World

Die pad terug het vir Ma en Pa egter baie “lank” geword. Net toe ons uit Winkelspruit ry wou Adrian nie dvd’s kyk nie maar wel Liewe Heksie luister. Die cd is 45 minute lank met 5 verskillend stories. Adrian het dit so geniet, in so ‘n mate da tons die cd nooit mag afgesit het nie, tot in Pretoria 5 ure later!
Adrian en Mamma in die Koning Rosekrans se kasteel

Adrian en pappa soek krappe

Terug in Pretoria het Adrian vir weke gevra om weer see toe te gaan. Ons sal beslis gou weer gaan en hopelik dan vir Sponge Bob sien.


Tyd om huis toe te gaan