Sunday, June 22, 2014

Winter Foto's en shapes

Tyd is die grootste geskenk wat ‘n mens kan kry. Voor jy jou oë uitvee is ure, dae, maande en jare verby. Dit het ons opnuut besef toe ons na ons geraamde fotos kyk en besef dat ons het geen onlangse fotos van Adrian nie. Ouma Joyce vra ook al lankal vir mooi familie foto's. Michele was toe gaaf genoeg om ons te nooi vir ‘n ‘photo shoot’ in haar studio. Wat ‘n erfaring! Die aanloop na die groot dag was net so opwindend. Kona het besluit da tons almal die dag oranje, wit en groen moet dra. Winkels toe, klere en kleure word gepas en uiteindelik is ons uitgerus vir die dag.

Gereed vir die 'photo shoot'

By die studio organiseer Michele ons en die kamera begin te click. Die stêr van die dag was natuurlik Adrian. In so ‘n mate dat Michele die meeste van die tyd hom op sy eie afneem. Daar was darem ook genoeg tyd vir familie fotos. Maar ek moet dit uitlig dat Adrian ‘n ‘natural’ is voor die kamera. Hy het in sy wit hempie en denim tussen gkleurde balle gespeel, binne ‘n sinkbad gelê, ‘n waentjie met balle gtrek, teen die muur soos ‘n wafferse top model teen die muur gestaan, ens. Dit was ‘n oggend van lag en plesier! Ons sien uit om die fotos te kry.

Adrian is mal oor ‘shapes’. Van vierkante to driehoeke. Hy het vir elke vorm selfs ‘n naam gegee. Hier volg die lys –
  • ·Fanie vierkant
  • ·      Sarel sirkel
  • ·      Danie driehoek
  • ·      Ollie oval
  • ·      Hansie hart
  • ·      Susan seshoek
  • ·      Oktogan agthoek
  • ·      Karl kruis
  • ·      Reghardt rehoek


Fanie vierkant

Danie driehoek
Pa moes ook natuurlik al die vorms uitsny en gesiggies op teken. Die mondjies moes altyd tande kry, 2,  3, 4 of 5. Adrian het selfs die vorms met sy arms uitgebeeld. Vorms word orals raak gesien, of dit in die plaveisel is of in ‘n struik, hy sien dit orals raak. Sy gunsteling vorm is vierkant, want Sponge Bob is ‘n vierkant. Klei word ook heeltyd in vorms gedruk en moet selfs saam bed toe gaan. Hopelik gaan dit sy Wiskunde eendag baie help.

Winter het behoorlik op ons neergesak. Adrian het gou geleer van seisoene. Met die koue winter val al die blare van die bome af. Hy was tranerig die dag toe mamma verduidelik dat die blare dood gaan en afval. Hy het glad nie saam gestem nie. Volgens hom val die blare net af want hulle word bruin, maar hulle is nie dood nie. Die hoogtepunt van winter is die hope blare wat op die grond bymekaar gehark word. daar is so baie blare dat dit vir hom 'n 'berg' word. Die berg is groot genoeg vir hom om baie plesier is te he. Alhoewel dit betekn dat hy 'n behoorlike bad na die tyd moet kry.

Adrian wys hy is drie jaar oud tussen die winter blare


No comments:

Post a Comment