Wednesday, October 26, 2011

Van siektes tot Rachmaninov se 2de klavier konsert

Adrian is mal oor eet. Hy het begin pap eet en dit verskaf groot plesier vir hom, Ma en Pa. Partykeer kom die pap te stadig na sy mond en sal hy dan met sy handjies die paplepeltjie gryp en dit vining in sy mond prober steek. Dit is ook die kans om groot borrelste  prober blaas en in die proses eindig die pap in Ma of Pa se gesig.
Op die stadium is hy egter nie baie lief vir sy verpulpte groente nie, en hy verkies die soeter appel-rooibos tee purie. Tipies kind, soet goed is mos lekkerder as groente.
Rachmaninov is n Russies komponis wat die wonderlikste klavier konserte gekompineer het. As n mens na Adrian se groot handjies en lang vingers kyk kan mens nie anders as om te dink dat hy die volgende beroemde pianis gaan word nie…….. of so hoop Ma. Hy is mal om op die klavier te tokkel.

Adrian speel klavier.
Ons het ons tweede groot skrik met Adrian se gesondheid gehad. Hy het n uitslag en baie hoë koors ontwikkel. Die dokter het bevestig dat hy n virale infeksie onderhewig het en dat slegs medikasie vir koors enigsens sal help. Hy kon glad nie bottle drink nie as gevolg van die seer keel (blykbaar blasies in die keel!). Ma en Pa het baie jammer gevoel vir hom as hy heeltyd kla geluidjies maak en baie hartseer huil as hy bottel moes drink. Die suig aksie het natuurlik sy keel baie seer gemaak. Die groot vrees was natuurlik dat hy gaansal ontwater agv gebrekkige vloeistof inname. Gelukkig, drie dae later (Dinsdag aand, 27 Okt) kon hy vir die eerste keer weer water uit n bottle drink. Om sy melk met n teelepel te voer was baie tydrowend en in n sekere mate oneffektief. Gelukkig kan ek rapporteer dat hy nou weer perd fris en gesond is.
Adrian speel Rachmaninov se 2de konsert.

Soos n vissersboot op n storm agtige see.

Dit is n hele paar weke sedert ek tyd gehad het om weer te skryf oor die doen en late ban Adrian. Adrian’tjie is besig om baie vinnig in GROOT Adrian te verander. Die mylpale volg al hoe vinniger op mekaar. Baie ouers het  vir Pa en Ma gesê, “wag todat hy kan sit, dan sal die lewe soveel makliker wees”.  Adrian kan nou sit op sy eie. Soos n klein buda sit hy en bekyk die wêreld om hom en soek gedurig na n speel ding of vir Ma.
Adrian kommunikeer al hoe meer met Ma en Pa. Sy ogies volg jou heeltyd en die koppie draai baie vining in die rigting van Ma se stem  of Pa se voetstappe.  Hy sit met gemak regop en dit is sonder enige ondersteuning (27 weke). Hy soek vir Ma as sy haar gesig agter die doek “wegsteek”  en met n laggie sal Adrian dan die doek van Ma se gesig af trek. Ek is seker dit is die geheu van waar voorwerpe was wat nou baie vining ontwikkel. Adrian begin ook tekens toon van kruip, al hoewel dit in die verkeerde righting is…agter toe! Wanneer hy op sy magie lê stoot hy himself agter toe.  Hy het besef dat hy homself kan wieg op sy blou rits stoeltjie. Hoe meer hy skop, hoe meer wieg die stoel. Soos n klein bootjie op die stormagtige see bons die stoeltjie letterlik op en af tot groot vermaak van Adrian.

Adrian sit en speel met sy wit olifant.

Eet tyd. As die kos te stadig kom na sy sin gryp hy self die lepeltjie.


Adrian in die wasgoed mandjie terwyl Pa n botterl voorberei vir hom.