Wednesday, October 26, 2011

Van siektes tot Rachmaninov se 2de klavier konsert

Adrian is mal oor eet. Hy het begin pap eet en dit verskaf groot plesier vir hom, Ma en Pa. Partykeer kom die pap te stadig na sy mond en sal hy dan met sy handjies die paplepeltjie gryp en dit vining in sy mond prober steek. Dit is ook die kans om groot borrelste  prober blaas en in die proses eindig die pap in Ma of Pa se gesig.
Op die stadium is hy egter nie baie lief vir sy verpulpte groente nie, en hy verkies die soeter appel-rooibos tee purie. Tipies kind, soet goed is mos lekkerder as groente.
Rachmaninov is n Russies komponis wat die wonderlikste klavier konserte gekompineer het. As n mens na Adrian se groot handjies en lang vingers kyk kan mens nie anders as om te dink dat hy die volgende beroemde pianis gaan word nie…….. of so hoop Ma. Hy is mal om op die klavier te tokkel.

Adrian speel klavier.
Ons het ons tweede groot skrik met Adrian se gesondheid gehad. Hy het n uitslag en baie hoë koors ontwikkel. Die dokter het bevestig dat hy n virale infeksie onderhewig het en dat slegs medikasie vir koors enigsens sal help. Hy kon glad nie bottle drink nie as gevolg van die seer keel (blykbaar blasies in die keel!). Ma en Pa het baie jammer gevoel vir hom as hy heeltyd kla geluidjies maak en baie hartseer huil as hy bottel moes drink. Die suig aksie het natuurlik sy keel baie seer gemaak. Die groot vrees was natuurlik dat hy gaansal ontwater agv gebrekkige vloeistof inname. Gelukkig, drie dae later (Dinsdag aand, 27 Okt) kon hy vir die eerste keer weer water uit n bottle drink. Om sy melk met n teelepel te voer was baie tydrowend en in n sekere mate oneffektief. Gelukkig kan ek rapporteer dat hy nou weer perd fris en gesond is.
Adrian speel Rachmaninov se 2de konsert.

No comments:

Post a Comment