Thursday, December 20, 2012

Somer is swem tyd


Die lekkerste van Desember is die warm sonnige weer, perfek vir klein seuntjies om in te swem. Adrian is nog steeds baie lief vir water en bad en swem graag. Ons is egter maar skrikkerig vir die groot swembad en hou diƩ maar gesluit.

Ma en Pa het vir Adrian ‘n ronde plastiek swembad en ‘n skulp met sand gekoop. Aangesien ons nie by die strand en see kan wees nie het ons besluit om dit na ons huis toe te bring. Adrian is absoluut mal daar oor. Sodra die sitkamer skuifdeur oop gemaak word, naal Adrian vir die swembadjie of sanpit. Hy sal ure lank in die water sit en ‘n emmertjie volwater skep en dit oor himself omkeer of Pa probeer nat gooi met ‘n groot gelag (dit is nou Adrian wat lag en Pa wat probeer koets).
'n Swembad net groot genoeg
Adrian in sy sandpit

Adrian is ‘n versamelaar en sal altyd goedjies bymekaar maak. Die voorwerpe wat hy optel moet altyd dieselfde wees – drie balle of drie motortjies of twee handevol plastiek goggatjies. Drie is die minimum, hoe meer hoe beter. As die handjies vol is sal hy die goedjies onder sy arms vas knyp. Balle is nie so maklik nie. Sodra hy die derde of vierde bal optel val een uit sy handjie. Maar hy sal nie tou opgooi nie, hy moet dood-een-voudig soveel balle as moontlik optel.
Daar moet altyd meer as 3 goedjies vas gehou word

Sodra hy nou regtig nie iets kan doen nie sal hy luidkeels roep “KAN NIE” en wag dat Ma of Pa hand kom by sit.

Adrian is baie lief daarvoor om buite rond te loop en speel. Hy is veral lief om blommetjies bymekaar te maak. Hy sal handevol blommetjies in die huis in dra, dit iewers neer sit en weer uitgaan om nog bymekaar te maak. Ma en Pa moet nie eers daar aan dink om hom te stop nie, dan sal hy vining uit roep “NOG” en koersvat buite toe.

Dit is ongelooflik om te sien hoe hy al hoemeer onafhanklik raak en himself begin besig hou, al is di tom goedtjies bymekaar te maak!

No comments:

Post a Comment