Thursday, April 18, 2013

Adrian se tweede groot opskop


Twee jaar gelede is my lewe dramaties om gekeer met die geboorte van Adrian. Hoe sou ek in my wildste drome kon dink dat so ‘n ongelooflike avontuur op my en Kona wag. Elke dag is waarlik ‘n avontuur! In die aande word ek wakker met ‘n gevoel van opgewondenheid om Adrian uit sy kot te haal en sy stemmetjie en lag te hoor.

Adrian is nou waarlik in geburger by Bambini en geniet elke oomblik saam met sy maatjies. Net nou die dag het ek vir Adrian gaan haal by die kleuterskool en vir ‘n rukkie stil gestaan agter ‘n pilaar om vir Adrian dop te hou op die speelgrond. Met ‘sy bekende laggie sien ek hom hardloop en ‘n klimraam uit klouter. In sy element! Skielik sien hy my en roep hy uit “tatta maaitjies en hardloop na my. Toe ek hom oplig en meedeel ons gaan huis toe sê hy “Ag nee”. Hy is baie life vir sy twee “Tannies” wat hy altyd groet met “Babaai Tannie” as hy huis toe gaan. Tannie Rinie is sy oggend en Tannie Annalien sy middag “juffrou”. Hy is baie lief vir hulle. Met sy verjaarsdag Woensdag 11 April, het Tannie Rinie vir hom ‘n pragtige kroon gemaak wat hy met trots die hele dag gedra het. Die groot partytjie moes wag vir Saterdag 13 April.

Terwyl Pa op Journey in die bos was vir 23 dae moes Ma die partytjie reeling alleen tref. Die tema vir Adrian se partytjie was “Cars”. Hy is baie life vir karretjies en sy gordyne in sy kamer is “Cars”. Kona het vir Monkey Magic gekry om die partytjie versierings te doen, Over the Moon gekontak om ‘n reuse springkasteel te bespreek en Sandra vir sy “Cars” koek. Met my teruk keer van uit die bos op Dinsdag 9 April was alles reeds fyn beplan en bespreek! My enigste taak was om seker te maak die springkasteel word Vrydag opgelaai. Donderdag middag is ek en Kona “Toys R Us” toe om Adrian se gesken te gaan koop. Die verjaarsdag partytjie beloof om ‘n GROOT opskop te wees!
 


 
Saterdag breek uiteindelik aan. Bewolk maar gelukkig geen reën. Om 8:00 dag die mense van Monkey Magic op om die tafeltjies te dek en Pa slaan die springkasteel op. Die partytjie koek kom kort daarna. Dit gaan ‘n perfekte partytjie wees!


Om 9:30 begin die eerste maaitjies op te daag. Gou was daar ‘n wonderlike partytjie atmosfeer met kinder stemmetjies wat gil van plesier soos hulle die reuse spring kasteel bestyg. Nadat Andrea (3 jaar oud) vir haar Pa sê “I’m starving” was dit net die regte teken dat die partytjie offisieel moet begin. Al die kindertjies word rondo m die tafels gerangskik en vir Adrian gesing “Veels geluk…”. Die fees het toe begin. Adrian het sommer met sy handjies die ‘Cars koek’ ingevaar nog voor Ma kon keer. Dit was maar net ‘n teken van hoe Adrian die partytjie geniet het.

 

No comments:

Post a Comment