Thursday, April 18, 2013

Karretjies en beeste


Soos sekerlik alle seuntjies is Adrian mal oor karre. Hy sal gedurig by die motor uit staar en sê “baie karre” vir al die motors wat verby ry. By die huis loop hy gedurig rond met twee of drie karretjies in sy hande. Vir sy 2de verjaarsdag het hy ‘n “motor ramp” gekry met ‘n glybaan waarmee die karretjies af “ry”. Dit verskaf baie pret vir hom.

 
Die seun word by die dag groter en langer, en daarom was ons genoodsaak om Adrian op te grader vanaf ‘n kot tot ‘n regte enkel bed. Met die bed kopery moes hy dus ‘n nuwe duvet stel kry. Gelukkig was dit nie ‘n moeilike besluit nie, en het Ma ‘n “Cars” duvet stel gekoop. Adrian geniet die groot spasie wanneer hy slap. Hy stamp nie meer sy koppie of ‘n been wanneer hy omdraai in sy slap nie. Naturrlik is dit vir Pa heerlik om langs die lyfie in te kruip 3:00 die oggend as hy roep!



Dit is lekker vakansie en tyd om as ‘n gesin aktiviteite saam te doen. Adrian is mal oor diere en het ons besluit om hom weer na die Irene Melk Plaas te neem. Rivani (van Sebashne) en Gaelen en Mia (van Melinda) word toe saam genooi. Terwyl al die ouers koffie en scons geniet baljaar die kinders op die Jungle Gym en trekker. Adrian was veral beindruk met die trekker, veral die stuurwiel.


Na die getery was dit tyd om die kinders al die beeste te gaan wys. Adrian was in sy nappies en het die kalfies gras gevoer. Pa moes talle kere hardloop om die sneltrein te vang voordat hy tussen al die beeste verdwyn. Hy het die paaidjies baie geniet en heeltyd in alle rigtings begin hardloop. Ten minste het die hoenders nie gedink sy tone is mieliepitte soos ‘n jaar van te vore nie.
 

No comments:

Post a Comment