Tuesday, September 3, 2013

Uit die perd se eie bek

Tydens die Kaapse vakansie was dit opmerklik hoe Adrian ontwikkel het. Hoe hy dinge rondom  homself waarneem en inneem. Hy verstaan en begryp dinge soveel beter. Moenie dink ‘n mens kan iets sê en dink Adrian hoor dit nie. Sy oortjies is soos twee sataliet skottels wat alles hoor en dan sal hy hy dit dadelik herhaal. Sy spraak vermoë het geweldig ontwikkel en hy is instaat om homself duidelik uit te druk oor hoe hy voel, wat hy sien, wat hy van hou en wat hy nie van hou nie.

‘n Paar oulike sê goed is:

“Hy huil mamma” – as hy bottle drink maak die bottle ‘n fluit geluid.

‘Die mannetjie is gelukkig mamma’ – wanneer hy sy mannetjie koekies met ‘n vriendelike gesiggies eet.

“Kom papa, kom” – wanneer hy iets vir jou wil wys.

Deesdae as jy hom vra wat is sy naam is dan sê hy “Adrian Enslin. Selfs beertjie is nou “Beertjie Enslin”.

Enige iemand of dier wat hartseer lyk – “Hy huil mamma”.

“Agnee, dit is stukkend” – enige iets wat op die grond lê en stukkend lyk.

“Moenie val nie” – wanneer hy op iets klouter en hy weet ons gaan hom aanspreek om versigtig te wees.

“Dit is sleg” – kos wat nie lekker smaak vir hom nie.

“Dit is mooi mamma” – enige iets waarvan hy hou of mooi is.

“Ek wil buite speel” – hy is nou baie lief om eerder buite te speel as om in die huis te sit.

“Waar is my mamma/papa” of “waar is my beertjie/dummy”.

Dan natuurlik die gevreesde woorde 2 uur in die oggend – “Ek is wakker, pappa. Ek wil nie slaap nie”.

Wanneer hy in dialog is met sy speelgoed sal hy ook direk na die spesifieke dier verwys – “Kom paddatjie (sy klein paddatjies)” of “kom beertjie”.


Ons vermoed hy moet baaie musikaal wees. Hy is geweldig lief om te sing. Hy sal selfs in die winkel, in die bad, terwyl ons tap, ens. luidkeels begin om liedjies te sing soos ‘Bobbejaan klim die berg’, Twinkle, twinkle little star’’Aai, aai die witbors kraai’, ‘Eentjies, eentjies stap in ‘n ry’, ens.

No comments:

Post a Comment