Wednesday, January 1, 2014

Kersfees met die Teletubies

Die tweede  kersfees agter die rug. Adrian begin nou ook verstaan waaroor kersfees gaan en dat die dag geassosieer word met geskenkies. Ou kersaand was by Cobus. Adrian en Juanè het die geskenkie uitdeel baie geniet en kon nie wag om dit oop te skeur nie. Gewoonlik is dit die kleinste geskenkies die wat die meeste indruk maak en so was dit ook die geval die aand. Uit een van die kersfees 'crackers' het ‘n klein mannetjie te voorskyn gekom. Die het baie taai handjies en voetjies gehad. As die manetjie teen ‘n venster gegooi word, plak die mannetjie vas teen die oppervlak. Stadig begin die handjies loskom en begin teen die venster af te klim. Dit het groot plesier vir Adrian besorg.

Adrian en Juane maak kersgeskenkies oop.

Kersdag het begin met ‘n kersdiens in die kerk. Adrian het stroop soet op Ouma Martha se skoot gesit en geluister na die kers verhaal met nou en dan musiek solo items. Terug by die huis was hy baie opgewonde om vir Ouma Joyce en Oupa Phillip te sien. Weereens is geskenke uit gedeel. Die keer kry hy weer baie geskenkies onder andere ‘n elektrise klavier en twee tente wat verbind is met ‘n tonnel.

Adrian het altyd ‘n behoefte om fisiese aktiwiteite te doen. Om die rede moet ons hom maar gedurig na Toni’s Restaurant vat waar daar ‘n wonderlike klimraam is wat hy kan uitklim na hartelus. Tussen kersfees en nuwe jaar was Toni’s gesluit maar die klimraam wasgelukkig  nog tot ons bereik en het ure se genot aan Adrian verskaf.
'n Heerlike klimraam by Toni's

Adrian is ook nou weer versot op Teletubies en Pa moet gedurig hierdie mannetjies uit gekleurde papier sny. Net die volgende dag nadat klein handjies dit vuil gevat het sal Adrian na my toe kom en sê dat die tubies is ‘pap’ en ‘Pappa, maak nuwe tubbies’. Ek kan die vormpies al met toe oë uitknip. Veral Tinki Winki en Lalla is die twee gunsteling Tubies.


Kona en ek het die tweede foto boek van Adrian gemaak. Dit was heerlik om weer terug te kyk na al die foto’s van Adrian sedert April 2012 tot nou en weer herhinneringe op te roep van ons vakansie in die Kaap, eerste kamp en Adrian se twee partytjies. 

No comments:

Post a Comment