Sunday, April 20, 2014

Dalk 'n Stêrrekundige in wording?

Dalk gaan Adrian eendag ‘n sterrekundige wees, of dalk ‘n wiskundige, of dalk ‘n kunstenaar wat vorms en sterre skilder! Die seuntjie het ‘n oog vir vorms en sterre. Gister by Pam en Wolf loop ek en Adrian buite rond. Skielig gee hy ‘n gil  en skreeu “kyk, kyk,kyk” en hy wys na ‘n groot struik. Opgewonde roep hy uit “ Sponge! Kyk Pappa, dit is ‘n square”. Die struik is in ‘n vierkant vorm gesnoei. Net daar na wys hy ‘n ‘Fanie vyfhoek’ uit.

By die huis sal hy op die plaveisel loop en gedurug skielik stop en opgewonde ‘n vorm uitroep wat hy op die grond gewaar. Pa moet ook gedurig vorms uitsny, en dit moet verskillende kleure wees.Selfs die klei moet in vorms gedruk word. Speelgoed word in ‘vorms’ gesien.  Hy het vir elke vorm ‘n naam gegee – Danie driehoek, Sarel sirkel, Sponge vierkant (square), Fanie vyfhoek, Susan seshoek, Ollie octagon en Reghard reghoek.

Adrian met sy klei vorms

Elke aand wil Adrian na die sterre kyk. Pa moet op die grond lê met Adrian op sy rug bo-op my lyf. So bestudeer ons die sterre ruim. Met ‘n handjie wat heeltyd na die sterre wys vra hy “wat is sy naam?”.  Teen die tyd ken hy reeds Canopus, Polux, Jupiter (maar sal gou sê dat Jupiter is die helderste stêr, hy het net een oog), Saternus (met sy "ring") Rigel, Cirius en sy gunsteling Beetljuice asook ‘n ‘n komeet (“’n klip wat vlieg”). Hy geniet dit om vir mense uit te wys dat “Beetlejuice is die grootste son in ons sterrestelsel en hy is oranje”. Hy vra gedurig date k op my rekenaar twinkle little star moet wys. Teen sy slaapkamer kas deur skitter dit elke aand met hordes ‘glow in the dark” sterre. Elkeen het ook sy eie naam. Selfs een ster is ‘n “verskietende stêr” of soos hy soms ook sê ‘n “shooting star”.

Adrian en sy sterre

Buiten vorms en stêrre is Spunge Bod Square Pants Adrian se gunstelling karaktertjie. Hoekom so? Want Sponge Bob is ‘n vierkant natuurlik. Wanneer hy “Nickelodeon” (kanaal 305 op DSTV) kyk sal hy luidkeels uitroep as Sponge Bob begin, veral as die ‘Sponge Bob Bollywood’ advertensie begin. Adrian is baie opgewonde dat ons hierdie April vakansie see toe gaan want ons gaan vir Sponge Bob kuier. Die Sponge Bob sof toy moet beslis saam gaan. Ons sal maar na die U’Shaka Akwarium toe moet gaan om vir Sponge Bob te besoek. Hy bly mos “onder die see”.

No comments:

Post a Comment