Sunday, April 20, 2014

Adrian hou partyjie saam met die Teletubbies

Weke voor die groot 3 jarige partytjie het Pa begin Teletubbies prentjies van die internet bymekaar maak. Prentjies is gemanupileer om in te pas by ‘n 3 jarige partytjie. Elke Teletubby (Tinky Winki, Dibsie, Lala en Pow) moes uitgeknip word. Teletubby sonne is uitgesny en ‘n Teletubby groep foto is in die middle van die son geplak. Teletubby vlaggies en mobiles is gemaak en partytjie boksies is vir elke kind versier en vol geprop met lekkers, chippies en selfs ‘bubble’ blasers.

3 jaar oud vandag!

Op die dag van die partytjie (Saterdag 12 April) is Adrian vroeg na Ouma Martha toe om vir Ma en Pa tyd te gee om voor te berei vir die partytjie. Tafels is versier, vlaggies en mobiles is gehang, springkasteel op geblaas en balonne met helium gevul. Vir die groot mense het Kona heerlike sout en soet eetgoed uit gepak. Die Teletubby koek met al die Teletubby cupcakes is op die tafel geplaas. Pa het die braai reg gekry om later wors en rushers te braai. Ons was gereed vir die groot dag.

Die Teltubbies verjaarsdag koek

Dit is eet tyd!

Net voor 13h00 daag Ouma Joyce, Ouoa Phillip en Tianu op. Hulle was selfs voor ons verjaarsdag maaitjie hier. ‘n Ruk later is dit Ouma Martha, Oupa Kobus en Adrian wat opdaag. Adrian se mond het letterlik oopgehang van verbasing toe hy by die tuin instap en begroet word met al die Teletubby versierings en springkasteel. Kort daarna het die maaitjies begin arriver. Kort voor lank was die stilte verbreek deur die gelag en gille van klein stemmetjies soos hulle sports maak op die springkasteel.  Die kersies is aangesteek en al die kindertjies het angstig om die partytjie tafel vergader, gereed om weg te val in al die eetgoed. ‘Veelsgeluk liewe maatjie’ is gesing, kersies geblaas, en toe begin die fees. Met die reuk van braaivleis is warm broodjies en rusher tee et aangebied vir al die groot mense.

Saam met maaitjies op die springkasteel


Laat die middag het die partytjie tot ‘n einde gekom. Adrian het trots heeltyd vertel hy is nou groot en drie jaar oud.

No comments:

Post a Comment