Op 21 Oktober, 1967 het n vroulike betoger in die VSA n blom vir n onluste polisieman aangebied. Die begin van n wêreld wye beweging bekend as “flower power”. Adrian is nou nie in die toonbeeld van n hippie nie, maar het die liefde en sagmoedige geaardheid van n blomme kind. Hy kan baie ongelukkig raak as die tandjie sny pla, maar kan net so skielik iets snaaks sien en skater van die lag. Ek kan darem nie glo dat kinders in sonde gebore word nie. Daar is geen kwaad in die klein lyfie nie.
Selfs met eettyd is dit maklik om die lepel met kos in die mondjie te kry – maak n snaakse geluid of gesig, en die mondjie gaan wyd op vir n glimlag of n skater lag. Dit is dan wat Pa of Ma vining die lepel met ryspap indruk. Maak nie saak hoe nie, maar die magie word uiteindelik vol.
Adrian die 'blomme kind' (32 weke)
Adrian fluks besig om die alfabet te leer.(29 weke)
Daar is sekere gebeure wat vir die res van jou lewe by jou sal bly. Hoogtepunte wat n mens oor en oor in jou gedagtes oproep, om te verseker dat die beelde en emosies altyd by jou sal bly. Hoe sal ek ooit die beelde en emosie vergeet wat deur my gedruis het toe Adrian die eerste keer gesnak het na asem, die koppie wat tussen die skouers ingetrek is, ogies styf toe, vuisies gebal soos twee ping-pong balletjies, en dan..... die asem met n skreeu geluidjie wat wys dat alles wel is met hom. Die eerste keer wat hy in my arms geplaas word met n rustige asempie wat my wang sagkuns streel. Die woorde "hier is jou seun" aan Kona.
Sondag 6 November was ook so n dag. Reeds weke voor die dag is Kona besig om reelings te tref, wat Adrian gaan aantrek, wat se eet goedjies aangebied gaan word en natuurlik wat sy gaan aantrek. Doop dag is altyd n groot geleentheid in die Afrikaner kultuur. Familie lede het van heinde en vêr op die plein voor die ou statige kerktoring hulle span osse staan gemaak. Die dag was net so. Familie en vreinde het motors voor die kerk in die straat af geparkeer om saam met ons Adrian se doop te vier.
Die diens in die NG Kerk Waterkloof was n diens wat ons nooit sal vergeet nie. Om voor die gemeente en familie te staan en te hoor wat ouers se verantwoordelikheid is en om n belofte voor God te maak is baie spesiaal. Hoe trots was ons nie toe Oupa Phillip vir Adrian in die kerk in bring nie. n Pure 'grand entrance' van agter die kerk tot voor by die dominie. Adrian was natuurlik op sy stukke en het op sy gemak gelyk. Hy het pen-orrent in Oupa se arms gesit en kyk vir al die vreemde mense wat hulle oë nie van hom af kan hou nie. Selfs dominie Andre vra vooraf verskoning dat Adrian dalk gaan huil met al die water wat oor sy kop "gedrup" gaan word. Min het hy geweet dat Adrian gek is oor bad. Met die water wat oor die kop rol probeer Adrian natuurlik by die bak met water uitkom. Met n glimlag probeer hy sy handjies in die water spat soos wat hy elke dag in die bad doen.
By die huis is behoorlik fees gevier met die heerlikste eetgoed. Daar was tot laat gekuier. n Doop is waarlik soos n voortrekker nagmaal diens!
Adrian is mal oor eet. Hy het begin pap eet en dit verskaf groot plesier vir hom, Ma en Pa. Partykeer kom die pap te stadig na sy mond en sal hy dan met sy handjies die paplepeltjie gryp en dit vining in sy mond prober steek. Dit is ook die kans om groot borrelste prober blaas en in die proses eindig die pap in Ma of Pa se gesig.
Op die stadium is hy egter nie baie lief vir sy verpulpte groente nie, en hy verkies die soeter appel-rooibos tee purie. Tipies kind, soet goed is mos lekkerder as groente.
Rachmaninov is n Russies komponis wat die wonderlikste klavier konserte gekompineer het. As n mens na Adrian se groot handjies en lang vingers kyk kan mens nie anders as om te dink dat hy die volgende beroemde pianis gaan word nie…….. of so hoop Ma. Hy is mal om op die klavier te tokkel.
Adrian speel klavier.
Ons het ons tweede groot skrik met Adrian se gesondheid gehad. Hy het n uitslag en baie hoë koors ontwikkel. Die dokter het bevestig dat hy n virale infeksie onderhewig het en dat slegs medikasie vir koors enigsens sal help. Hy kon glad nie bottle drink nie as gevolg van die seer keel (blykbaar blasies in die keel!). Ma en Pa het baie jammer gevoel vir hom as hy heeltyd kla geluidjies maak en baie hartseer huil as hy bottel moes drink. Die suig aksie het natuurlik sy keel baie seer gemaak. Die groot vrees was natuurlik dat hy gaansal ontwater agv gebrekkige vloeistof inname. Gelukkig, drie dae later (Dinsdag aand, 27 Okt) kon hy vir die eerste keer weer water uit n bottle drink. Om sy melk met n teelepel te voer was baie tydrowend en in n sekere mate oneffektief. Gelukkig kan ek rapporteer dat hy nou weer perd fris en gesond is.
Dit is n hele paar weke sedert ek tyd gehad het om weer te skryf oor die doen en late ban Adrian. Adrian’tjie is besig om baie vinnig in GROOT Adrian te verander. Die mylpale volg al hoe vinniger op mekaar. Baie ouers het vir Pa en Ma gesê, “wag todat hy kan sit, dan sal die lewe soveel makliker wees”. Adrian kan nou sit op sy eie. Soos n klein buda sit hy en bekyk die wêreld om hom en soek gedurig na n speel ding of vir Ma.
Adrian kommunikeer al hoe meer met Ma en Pa. Sy ogies volg jou heeltyd en die koppie draai baie vining in die rigting van Ma se stem of Pa se voetstappe.Hy sit met gemak regop en dit is sonder enige ondersteuning (27 weke). Hy soek vir Ma as sy haar gesig agter die doek “wegsteek”en met n laggie sal Adrian dan die doek van Ma se gesig af trek. Ek is seker dit is die geheu van waar voorwerpe was wat nou baie vining ontwikkel. Adrian begin ook tekens toon van kruip, al hoewel dit in die verkeerde righting is…agter toe! Wanneer hy op sy magie lê stoot hy himself agter toe.Hy het besef dat hy homself kan wieg op sy blou rits stoeltjie. Hoe meer hy skop, hoe meer wieg die stoel. Soos n klein bootjie op die stormagtige see bons die stoeltjie letterlik op en af tot groot vermaak van Adrian.
Adrian sit en speel met sy wit olifant.
Eet tyd. As die kos te stadig kom na sy sin gryp hy self die lepeltjie.
Adrian in die wasgoed mandjie terwyl Pa n botterl voorberei vir hom.
Die eerste keer wat jy by n fliek instap of n meisie se hand vashou sal altyd by jou bly. Daai gevoel van opwinding is onbeskryflik. So was my gevoel toe ons Adrian na sy eerste partytjie toe geneem het op 30 Julie. Sebastian het 4 jaar oud geword. Die partytjie tema was eg Jurasic Park met dinasoruse orals te sien, selfs die koek was ek ding n T-Rex, of so iets. Sebastian sal my dalk in die verband kan reg help. Nietemin, vir Adrian was dit n gspesiale dag. Met groot oe het hy na al die maatjies gekyk wat uitbundig rond hardloop en op die sprinkasteel spring. Pa het natuurlik met die kamera verseker dat die herhineringe van dag vir die toekoms bewaar sal wees. Met n mond voel dinasorus koek moes Ma en Adrian 'pose' vir die fotos.
Wat n heerlike dag was dit nie. Ek kan nie wag vir Adrian se 1ste verjaarsdag nie. Dalk sal die tema wees "Piet Padda"...
Adrian in Ma se arms by die lekkergoed tafel.
Pa en Adrian by die dinasorus springkasteel.
Adrian by Sebastian se 4de verjaarsdag. Gelukkig was dit n sonnige winters dag.
Dit is vandag 5 dae na die tweede inentings en dit wil voorkom of hy bietjie siekerig is maar nie so erg soos laas nie. Hy sukkle om sy bottel klaar te drink, vermoedelik is sy keeltjie maar n bietjie seer. Ten minste drink hy darem iets. Sy slaap roetine is effe versteur, maar ons weet dit sal ook verby gaan.
Wat n swaar dag (5 September)! Ma moes Adrian vanoggend by Ouma Martha gaan aflaai. So het die kraam verlof ook tot n einde gekom (5 maande!). Dit was vreemd om Adrian in Ma se kar te laai. Pa moes maar hard sluk om n traan terug te hou. Ons gaan die tyd wat ons met hom kon spander die afgelope maand (Pa se vakansie) baie mis. Ten minste weet ons dat ouma mooi na hom sal kyk. Die seuntjie is maar net 22 weke oud, heeltemal te klein om uit die huis te wees maar die realiteit skop ook in.