Monday, June 24, 2013
Adrian sing te lekker
Adrian se Juffrou (Rienie) by Bambini het die volgende in sy 1ste raport geskryf: "Adrian sing pragtig en doen graag al die aksies" asook "Adrian neem lekker deel aan musiek en sang. Hy hou daarvan om te dans".
Twinkle, twinkle little star bo die paddastoele.
Adrian is mal oor sy skool. Elke oggend sê hy dat hy by sy maatjies wil gaan speel. Hy kan nie wag om by Tannie Rienie te kom en sy maatjies te groet nie. So het di took gekom da thy sy eerste rapport huis toe bring. Ai, was sy mamma en papa darem trots op die seuntjie. Hy doen alles baie goed en beindruk vir Tannie Rienie geweldig (behalwe vir die doek nat maak nog). Maar dit pla ons nie, die ‘saakie’ sal nog hanteer word. Waar het jy al gesien dat n twee jarige in Afrikaans en Ensgles kan tel tot 16? Of liedjies soos ‘Daantjie kat’; 'Twinkle Twinkle little star’ en ‘Happy birthday’ uit volle bors kan sing! Hy is baie lief vir sing en Pa en Ma moet maar gedurig saam inval wanneer hy begin sing. Maak nie saak of dit by die huis of in ‘n winkel is nie.
![]() |
| Adrian speel en sing |
Tegnologie is reeds deel van sy alledaagse lewe. Hy weet presies wanneer Telletubies of Micky Muis gaan begin. Dan sal hy jou aan die hand vat en duidelik laat verstaan dat dit nou op ‘tellewiesie’ gaan wys. Doek ruil raak al hoe moeiliker aan gesien dit onnodige speeltyd in beslag neem volgens Adrian. Dus moes Pa maar ‘n plan maak. Tegnologie was die antwoord. Paar minute op ‘Google Play’ en die regte app is vining afgelaai. ‘Plaas huisie’ was net die regte ding. Dit is ‘n interaktiewe storie boek waar Adrian die liggies van die plaas huis moet afskakel. Telkens as hy die regty pyltjie druk neem dit hom na ‘n spesifieke plaas dier. Die lig skakelaar moet dan afgeskakel word en die dier gaan lê om te slaap. Op die ou end gaan die seuntjie in die plaas huis ook slaap. Groot pret vir Adrian.
Adrian praat nou al baie goed en is instaat om himself baie duidelik uit te druk. Hy maak maklik 4 woord sinne en vertel graag oor goedjies wat hy sien. Hy is mal daar oor om die vissies in die skool damme te gaan voer. Dit word ‘n ritueel om elke middag vissies te voer. Terwyl ons dan by die sportvelde is begin hy sommer ook paddastoele te soek. Paddastoele is die sport beacons wat altyd op die rugby velde agter bly. Met ‘n opgewonde stemmetjie sal uit uit roep ‘Paddastoel’ en in die rigting waarin hy wys begin hardloop. Een middag moes ‘n hokkie afrigter dit ontgeld. Met groot moeite het hy ‘n hele spul beacons uit gepak, net om terug te kyk en te sien dat Adrian is besig om hulle een vir een bymekaar te maak. Dit was ook nie so maklik om die ‘paddastoele’ weer terug te kry nie. Sy Mamma hoop net dat hy nie 'n 'hoarder' sal word nie. Hy is baie lief om 'goedjies' bymekaar te maak. Veral as dit dieselfde tipe goedjies is.
![]() |
| Adrian die versamelaar |
Baie mense het gesê dat ‘n goeie slaap routiene word beter soos hy ouer word. Ek betwyfel die stelling ten sterkte. Adrian word elke aan wakker om 00:30 en 04:00 en roep dan luidkeels ‘kom papa, kom’ of ‘dummy, beertjie’. Die vieruur tyd is da nook die tyd wat hy wil hê sy Pappa moet by hom lê, anders staan hy dood-een-voudig op en stap na ons slaapkamer waarna hy aankondig ‘klaar geslaap, tubbies’. Dit beteken, hy is wakker en geen kans vir Pappa om nog te slaap nie. Dus, moet hy voorgespring word en moet ek by hom inkruip voordat hy die pad kies. Dit is darem ook lekker om by die klein mensie in te kruip. Ek gee nie om daarvoor nie. Die ‘klaar geslaap’ deel is wat mamma en Pappa ‘vrees’.
Hierdie seuntjie is ook baie lief vir dans en bewegings. Wanneer daar musiek speel of iemand dans op Telletubies dan sal Adrian hulle prober na boots en begin dans.
Friday, May 3, 2013
Adrian verjaar!
Adrian se verjaarsdag on PhotoPeach
Thursday, April 18, 2013
Karretjies en beeste
Soos sekerlik alle seuntjies is Adrian mal oor
karre. Hy sal gedurig by die motor uit staar en sê “baie karre” vir al die
motors wat verby ry. By die huis loop hy gedurig rond met twee of drie
karretjies in sy hande. Vir sy 2de verjaarsdag het hy ‘n “motor ramp” gekry met
‘n glybaan waarmee die karretjies af “ry”. Dit verskaf baie pret vir hom.
Die seun word by die dag groter en langer, en daarom
was ons genoodsaak om Adrian op te grader vanaf ‘n kot tot ‘n regte enkel bed.
Met die bed kopery moes hy dus ‘n nuwe duvet stel kry. Gelukkig was dit nie ‘n
moeilike besluit nie, en het Ma ‘n “Cars” duvet stel gekoop. Adrian geniet die
groot spasie wanneer hy slap. Hy stamp nie meer sy koppie of ‘n been wanneer hy
omdraai in sy slap nie. Naturrlik is dit vir Pa heerlik om langs die lyfie in
te kruip 3:00 die oggend as hy roep!
Dit is lekker vakansie en tyd om as ‘n gesin
aktiviteite saam te doen. Adrian is mal oor diere en het ons besluit om hom
weer na die Irene Melk Plaas te neem. Rivani (van Sebashne) en Gaelen en Mia
(van Melinda) word toe saam genooi. Terwyl al die ouers koffie en scons geniet
baljaar die kinders op die Jungle Gym en trekker. Adrian was veral beindruk met
die trekker, veral die stuurwiel.
Na die getery was dit tyd om die kinders al die
beeste te gaan wys. Adrian was in sy nappies en het die kalfies gras gevoer. Pa
moes talle kere hardloop om die sneltrein te vang voordat hy tussen al die
beeste verdwyn. Hy het die paaidjies baie geniet en heeltyd in alle rigtings
begin hardloop. Ten minste het die hoenders nie gedink sy tone is mieliepitte
soos ‘n jaar van te vore nie.
Adrian se tweede groot opskop
Twee jaar gelede is my
lewe dramaties om gekeer met die geboorte van Adrian. Hoe sou ek in my wildste
drome kon dink dat so ‘n ongelooflike avontuur op my en Kona wag. Elke dag is
waarlik ‘n avontuur! In die aande word ek wakker met ‘n gevoel van
opgewondenheid om Adrian uit sy kot te haal en sy stemmetjie en lag te hoor.
Adrian is nou waarlik
in geburger by Bambini en geniet elke oomblik saam met sy maatjies. Net nou die
dag het ek vir Adrian gaan haal by die kleuterskool en vir ‘n rukkie stil
gestaan agter ‘n pilaar om vir Adrian dop te hou op die speelgrond. Met ‘sy
bekende laggie sien ek hom hardloop en ‘n klimraam uit klouter. In sy element!
Skielik sien hy my en roep hy uit “tatta maaitjies en hardloop na my. Toe ek
hom oplig en meedeel ons gaan huis toe sê hy “Ag nee”. Hy is baie life vir sy
twee “Tannies” wat hy altyd groet met “Babaai Tannie” as hy huis toe gaan.
Tannie Rinie is sy oggend en Tannie Annalien sy middag “juffrou”. Hy is baie lief
vir hulle. Met sy verjaarsdag Woensdag 11 April, het Tannie Rinie vir hom ‘n
pragtige kroon gemaak wat hy met trots die hele dag gedra het. Die groot
partytjie moes wag vir Saterdag 13 April.
Terwyl Pa op Journey in
die bos was vir 23 dae moes Ma die partytjie reeling alleen tref. Die tema vir
Adrian se partytjie was “Cars”. Hy is baie life vir karretjies en sy gordyne in
sy kamer is “Cars”. Kona het vir Monkey Magic gekry om die partytjie
versierings te doen, Over the Moon gekontak om ‘n reuse springkasteel te
bespreek en Sandra vir sy “Cars” koek. Met my teruk keer van uit die bos op
Dinsdag 9 April was alles reeds fyn beplan en bespreek! My enigste taak was om
seker te maak die springkasteel word Vrydag opgelaai. Donderdag middag is ek en
Kona “Toys R Us” toe om Adrian se gesken te gaan koop. Die verjaarsdag
partytjie beloof om ‘n GROOT opskop te wees!
Saterdag breek
uiteindelik aan. Bewolk maar gelukkig geen reën. Om 8:00 dag die mense van
Monkey Magic op om die tafeltjies te dek en Pa slaan die springkasteel op. Die
partytjie koek kom kort daarna. Dit gaan ‘n perfekte partytjie wees!
Om 9:30 begin die
eerste maaitjies op te daag. Gou was daar ‘n wonderlike partytjie atmosfeer met
kinder stemmetjies wat gil van plesier soos hulle die reuse spring kasteel bestyg.
Nadat Andrea (3 jaar oud) vir haar Pa sê “I’m starving” was dit net die regte
teken dat die partytjie offisieel moet begin. Al die kindertjies word rondo m die
tafels gerangskik en vir Adrian gesing “Veels geluk…”. Die fees het toe begin.
Adrian het sommer met sy handjies die ‘Cars koek’ ingevaar nog voor Ma kon
keer. Dit was maar net ‘n teken van hoe Adrian die partytjie geniet het.
Thursday, March 14, 2013
Adrian die Lammetjie
Adrian het by sy nuwe skool
begin, Bambini. Die dag wat Kona na die skooltjie gaan kyk het, het sy my
dadelik gebel en ingelig dat dit die skool vir Adrian is en dat sy mydadelik
gaan kom oplaai om dit te sien. Al
hoewel Adrian reeds 5 dae vantevore by ‘n ander skooltjie begin het, hetdit nie
vir Kona verhinder om tog te gaan kyk nie. Met my aankoms by die skooltjie om
17:00 die middag het ek onmiddelik geweet, dit is die plek vir Adrian – ruim,
mooi grasperk, groot sandpit, reuse junglegym, scooters en fietsies asook kappok
hoendertjies wat in die mooi blombeddings romd skrop. Die klaskamertjies is ‘n
kaleideskoop van kleure met helder tafeltjies en stoeltjies en kunswerke deur
kleinhandjies. Presies soos ek en Kona altyd sy toekomstige skooltjie
gevisualiseer het!
Die volgende oggend om
10:00 stap Kona by die hoof/eienaares se kantoor in om haar te oortuig om plek
te maak vir Adrian. As ‘n Ma iets vir haar kind wil hê sal niks in haar pad kan
staan nie! Die volgende dag is Adrian amptelik ‘n lid van die Lammetjie klas.
Vir Adrian is skool toe
gaan ‘n groot aanpassing. Skielik is dit nie meer hy alleen met Lena nie, maar
hy, tien ander kindertjies en een
juffrou met drie hulpe. Dit is nie net meer sy stemmetjie wat in die huis
weergalm nie, maar veertig ander stemmetjies. Sy oggend slapie om 9:00 verander
na ‘n middag slapie om 11:30.Ons besef darem dat alle kindertjies mettertyd
gewoond raak aan die nuwe roetiene.
Die skool toe gaanery het
wel oggende baie meer gekompliseer. Adrian moet nou al reeds 6:30 gereed wees
met skoon doek, skoon klere, tannie borsel, ens. Gelukkig wil Ma en Pa albei vir Adrian skool toe neem, net om vir oulaas
vir hom ‘n soen en drukkie te kan gee voor die lang dag begin. Dieselfdegeld in
die middag. Dit word amper ‘n resies om verantwoordelikhede af te handel om
eerste by Adrian se skool op te daag en die lyfie te groet!
Adrian geniet die skool
baie. Hy is besonder lief vir verfwerk en speel al te lekker met die ander
maaitjies. Bambini, met sy mooi versorgde geboue en tuine is net die plek vir Adrian.
Saturday, February 16, 2013
Hossie op die trampol
Hoe sou ek ooit kon dink dat tyd so vining verby kan
vlieg. Ons is al 'n maand in die nuwe huis op St Albans kampus en Adrian is reeds 21 maande oud! Nog steeds is elke dag ‘n wonderwerk. Sy
woordeskat verdubbel by die dag. Hy is reeds instaat om redelik duidelik vir
ons te laat verstaan wat hy wil hê – spring trampol (eintlik trampoline)
of kom saam (asof Ma iewers heen moet gaan saam met hom) ‘viiideo kyk’ of ‘Heidie
kyk’ (as hy TV wil kyk) baie mooi (enige iets wat vir hom mooi is) mooi bomme
(mooi blomme) kar ry (as hy in Pa of Ma se kar wil sit en stuurwiel draai en
enige ander knoppies wil druk) en die lys gaan aan.
Dit is baie moeilik vir my om hom in die oggend by die
huis te laat saam met Lena. Ek moet ongesiens by die skuifdeur uitglip anders
raak hy baie ongelukkig. As Lena (vir wie hy baie lief is) by die huis opdaag
in die oggend, sê Adrian baie gou ‘babaai Lena’. Hy weet dan baie goed
dat Ma en Pa binnekort die huis gaan verlaat om te gaan werk en hom dan
agterlaat.
Hy is nog steeds baie lief om met sy karre te speel en
bymekaar te maak. Hy het egter die plesier van klei ontdek. Hy sal sommer al
vroeg in die oggend my hand vat en sê ‘kom, klei’ en dan moet ek saam met
hom na sy kamer gaan waar hy sal bevel ‘sit stoel’ (om by sy tafel te sit) en ‘maak
oop’ (om die klei houertjies oop te maak). Dit word dan gevolg met ‘bomme’
(blommetjie klei vorm), hatjie (hart klei vorm) of siikel (sirkel klei vorm).
Die klei vorms sal hy dan die hele huis vol dra.
Een van die beste kopies vir Adrian was ongetwyfeld die trampolien.
Adrian wil gedurig spring! As hy deur die veiligheids net getel word, gryp hy
jou hand en sê “sping
saam”. Dan moet Pa maar in klim en saam spring en terwyl ek moet “hossie”
(hash, hash we all fall down) sing. Adrian sal skater van die lag as ons albei
op die trampolien mat val aan die einde van die liedjie. Dit word dan gevolg
met “nog, nog”, net om weer die liedjie te sing.
Adrian gaan volgende week vir die eerste keer skool toe.
Dit gaan baie moeilik wees om Adrian die eerste paar keer te vat en te weet dat
Lena nie daar is vir hom nie. Hopelik sal die oorgang nie te traumaties vir
Adrian wees nie.
Subscribe to:
Posts (Atom)




