Tuesday, November 22, 2011

Flower power of rice powder

Op 21 Oktober, 1967 het n vroulike betoger in die VSA n blom vir n onluste polisieman aangebied. Die begin van n wêreld wye beweging bekend as “flower power”. Adrian is nou nie in die toonbeeld van n hippie nie, maar het die liefde en sagmoedige geaardheid van n blomme kind. Hy kan baie ongelukkig raak as die tandjie sny pla, maar kan net so skielik iets snaaks sien en skater van die lag. Ek kan darem nie glo dat kinders in sonde gebore word nie. Daar is geen kwaad in die klein lyfie nie.

Selfs met eettyd is dit maklik om die lepel met kos in die mondjie te kry – maak n snaakse geluid of gesig, en die mondjie gaan wyd op vir n glimlag of n skater lag. Dit is dan wat Pa of Ma vining die lepel met ryspap indruk. Maak nie saak hoe nie, maar die magie word uiteindelik vol.
Adrian die 'blomme kind' (32 weke)

Adrian fluks besig om die alfabet te leer.(29 weke)

Monday, November 14, 2011

Soos n Voortrekker nagmaal diens.

Daar is sekere gebeure wat vir die res van jou lewe by jou sal bly. Hoogtepunte wat n mens oor en oor in jou gedagtes oproep, om te verseker dat die beelde en emosies altyd by jou sal bly. Hoe sal ek ooit die beelde en emosie vergeet wat deur my gedruis het toe Adrian die eerste keer gesnak het na asem, die koppie wat tussen die skouers ingetrek is, ogies styf toe, vuisies gebal soos twee ping-pong balletjies, en dan..... die asem met n skreeu geluidjie wat wys dat alles wel is met hom. Die eerste keer wat hy in my arms geplaas word met n rustige asempie wat my wang sagkuns streel. Die woorde "hier is jou seun" aan Kona.

Sondag 6 November was ook so n dag. Reeds weke voor die dag is Kona besig om reelings te tref, wat Adrian gaan aantrek, wat se eet goedjies aangebied gaan word en natuurlik wat sy gaan aantrek. Doop dag is altyd n groot geleentheid in die Afrikaner kultuur. Familie lede het van heinde en vêr op die plein voor die ou statige kerktoring hulle span osse staan gemaak. Die dag was net so. Familie en vreinde het motors voor die kerk in die straat af geparkeer om saam met ons Adrian se doop te vier.

Die diens in die NG Kerk Waterkloof was n diens wat ons nooit sal vergeet nie. Om voor die gemeente en familie te staan en te hoor wat ouers se verantwoordelikheid is en om n belofte voor God te maak is baie spesiaal. Hoe trots was ons nie toe Oupa Phillip vir Adrian in die kerk in bring nie. n Pure  'grand entrance' van agter die kerk tot voor by die dominie. Adrian was natuurlik op sy stukke en het op sy gemak gelyk. Hy het pen-orrent in Oupa se arms gesit en kyk vir al die vreemde mense wat hulle oë nie van hom af kan hou nie. Selfs dominie Andre vra vooraf verskoning dat Adrian dalk gaan huil met al die water wat oor sy kop "gedrup" gaan word. Min het hy geweet dat Adrian gek is oor bad. Met die water wat oor die kop rol probeer Adrian natuurlik by die bak met water uitkom. Met n glimlag probeer hy sy handjies in die water spat soos wat hy elke dag in die bad doen.


By die huis is behoorlik fees gevier met die heerlikste eetgoed. Daar was tot laat gekuier. n Doop is waarlik soos n voortrekker nagmaal diens!


Trotse Ouers voor in die kerk.

Adrian met sop nat hare na die doop bediening.

Ma en Pa sing n loflied uit volle bors.

Wednesday, October 26, 2011

Van siektes tot Rachmaninov se 2de klavier konsert

Adrian is mal oor eet. Hy het begin pap eet en dit verskaf groot plesier vir hom, Ma en Pa. Partykeer kom die pap te stadig na sy mond en sal hy dan met sy handjies die paplepeltjie gryp en dit vining in sy mond prober steek. Dit is ook die kans om groot borrelste  prober blaas en in die proses eindig die pap in Ma of Pa se gesig.
Op die stadium is hy egter nie baie lief vir sy verpulpte groente nie, en hy verkies die soeter appel-rooibos tee purie. Tipies kind, soet goed is mos lekkerder as groente.
Rachmaninov is n Russies komponis wat die wonderlikste klavier konserte gekompineer het. As n mens na Adrian se groot handjies en lang vingers kyk kan mens nie anders as om te dink dat hy die volgende beroemde pianis gaan word nie…….. of so hoop Ma. Hy is mal om op die klavier te tokkel.

Adrian speel klavier.
Ons het ons tweede groot skrik met Adrian se gesondheid gehad. Hy het n uitslag en baie hoë koors ontwikkel. Die dokter het bevestig dat hy n virale infeksie onderhewig het en dat slegs medikasie vir koors enigsens sal help. Hy kon glad nie bottle drink nie as gevolg van die seer keel (blykbaar blasies in die keel!). Ma en Pa het baie jammer gevoel vir hom as hy heeltyd kla geluidjies maak en baie hartseer huil as hy bottel moes drink. Die suig aksie het natuurlik sy keel baie seer gemaak. Die groot vrees was natuurlik dat hy gaansal ontwater agv gebrekkige vloeistof inname. Gelukkig, drie dae later (Dinsdag aand, 27 Okt) kon hy vir die eerste keer weer water uit n bottle drink. Om sy melk met n teelepel te voer was baie tydrowend en in n sekere mate oneffektief. Gelukkig kan ek rapporteer dat hy nou weer perd fris en gesond is.
Adrian speel Rachmaninov se 2de konsert.

Soos n vissersboot op n storm agtige see.

Dit is n hele paar weke sedert ek tyd gehad het om weer te skryf oor die doen en late ban Adrian. Adrian’tjie is besig om baie vinnig in GROOT Adrian te verander. Die mylpale volg al hoe vinniger op mekaar. Baie ouers het  vir Pa en Ma gesê, “wag todat hy kan sit, dan sal die lewe soveel makliker wees”.  Adrian kan nou sit op sy eie. Soos n klein buda sit hy en bekyk die wêreld om hom en soek gedurig na n speel ding of vir Ma.
Adrian kommunikeer al hoe meer met Ma en Pa. Sy ogies volg jou heeltyd en die koppie draai baie vining in die rigting van Ma se stem  of Pa se voetstappe.  Hy sit met gemak regop en dit is sonder enige ondersteuning (27 weke). Hy soek vir Ma as sy haar gesig agter die doek “wegsteek”  en met n laggie sal Adrian dan die doek van Ma se gesig af trek. Ek is seker dit is die geheu van waar voorwerpe was wat nou baie vining ontwikkel. Adrian begin ook tekens toon van kruip, al hoewel dit in die verkeerde righting is…agter toe! Wanneer hy op sy magie lê stoot hy himself agter toe.  Hy het besef dat hy homself kan wieg op sy blou rits stoeltjie. Hoe meer hy skop, hoe meer wieg die stoel. Soos n klein bootjie op die stormagtige see bons die stoeltjie letterlik op en af tot groot vermaak van Adrian.

Adrian sit en speel met sy wit olifant.

Eet tyd. As die kos te stadig kom na sy sin gryp hy self die lepeltjie.


Adrian in die wasgoed mandjie terwyl Pa n botterl voorberei vir hom.

Monday, September 12, 2011

Adrian hou partytjie saam met n T-Rex!

Die eerste keer wat jy by n fliek instap of n meisie se hand vashou sal altyd by jou bly. Daai gevoel van opwinding is onbeskryflik. So was my gevoel toe ons Adrian na sy eerste partytjie toe geneem het op 30 Julie. Sebastian het 4 jaar oud geword. Die partytjie tema was eg Jurasic Park met dinasoruse orals te sien, selfs die koek was ek ding n T-Rex, of so iets. Sebastian sal my dalk in die verband kan reg help. Nietemin, vir Adrian was dit n gspesiale dag. Met groot oe het hy na al die maatjies gekyk wat uitbundig rond hardloop en op die sprinkasteel spring. Pa het natuurlik met die kamera verseker dat die herhineringe van dag vir die toekoms bewaar sal wees. Met n mond voel dinasorus koek moes Ma en Adrian 'pose' vir die fotos.
Wat n heerlike dag was dit nie. Ek kan nie wag vir Adrian se 1ste verjaarsdag nie. Dalk sal die tema wees "Piet Padda"...

Adrian in Ma se arms by die lekkergoed tafel.

Pa en Adrian by die dinasorus springkasteel.


Adrian by Sebastian se 4de verjaarsdag. Gelukkig was dit n sonnige winters dag.

Wednesday, September 7, 2011

Adrian lag vir sy ratel op wiele.

Een van Adrian se gewildste speelgoed. Hy geniet dit so as Pa die 'rateltjie op wiele' rond stoot.

Monday, September 5, 2011

Terug werk toe...

Dit is vandag 5 dae na die tweede inentings en dit wil voorkom of hy bietjie siekerig is maar nie so erg soos laas nie. Hy sukkle om sy bottel klaar te drink, vermoedelik is sy keeltjie maar n bietjie seer. Ten minste drink hy darem iets. Sy slaap roetine is effe versteur, maar ons weet dit sal ook verby gaan.
Wat n swaar dag (5 September)! Ma moes Adrian vanoggend by Ouma Martha gaan aflaai. So het die kraam verlof ook tot n einde gekom (5 maande!). Dit was vreemd om Adrian in Ma se kar te laai. Pa moes maar hard sluk om n traan terug te hou. Ons gaan die tyd wat ons met hom kon spander die afgelope maand (Pa se vakansie) baie mis. Ten minste weet ons dat ouma mooi na hom sal kyk. Die seuntjie is maar net 22 weke oud, heeltemal te klein om uit die huis te wees maar die realiteit skop ook in.
Adrian met sy diere boek.
Ma en Adrian (21 weke)


Hoe klink n ou Bedford wat sukkel om aan te skakel?

Bedford

Adrian is nou al 18 weke oud (n rapsie oor 4 maande) en dra alreeds kleertjies vir 6-12 maande! Hy groei so vining. Augustus vakansie was fantasties. Pa kon saam met Ma 24uur n dag by Adrian wees  en die tyd saam geniet. Speletjies maak, voiding gee, bad tye en doeke ruil was aan die orde van die dag. Way n wonderlike tyd. Adrian se ontwikkeling is ongelooflik om te sien. Elke dag word nuwe mylpale bereik. Hy kommunikeer op n verskeie maniere met Ma en Pa. Hy lag en glimlag, die handjies reik gedurig uit na n mens om aan jou te raak. Vingertjies streel oor jou gesig en arms soos hy ontdek. Hy het deesdae defnitiewe gunsteling sppel goedjies. Die mobile bo die doekeruil kas met apie, volstruis en kameelperd, Willimien wurm, die “4x4” ratel met sy ses wiele, die natuur toneel “tv”, en natuurlik die hangende Piet Padda. Hy begin alhoemeer sy boekies geniet, veral die boekie oor diere. Sodra ma begin met “Eendag was daar…” dank an mens sien hoe intens Adrian begin luister en konsentreer . Sy lyfie word ook elke dag alhoe sterker. Hy rol himself om as hy op sy rug lê. Hou voorwerpe met twee handjies vas en lig sy lyfie as hy op sy maag lê.
Adrian is nie baie lief om alleen te wees nie en roep gedurig vir Ma en Pa met n herkende hoë not klank wat amper klink soos “hoy”. Hy laat ook jou goed verstaan as hy nou moeg is en wil slap met n klank soos n ou Bedford wat sukkel om aan te skakel “hooi-hooi-hooi”.
Elke dag saam met Adrian is soos om in n goeie fliek te sit. Never a dull moment, en n absolute plesier.
Adrian 17 weke oud
Adrian met sy "gangster" baadjie


Tuesday, July 26, 2011

Baba geluidjies en speeltyd

Adrian is 15 weke oud en het gister (Maandag 25 Jul) sy tweede rondte inentings gehad. Twee inspuitings, een op elke been. Adrian was baie dapper. Met die eerste inspuiting het hy nie eers n geluid gemaak nie, maar met die tweede inspuiting het die traantjies gerol. Ma was gelukkig byderhand om dadelik te troos. Hierdie week het n "GROOT" koue Gauteng weer getref en ons hoop dat Adriantjie nie weer so siek gaan word soos na die vorige inentings nie.
Hy maak nou baie gereeld geluidjies sodra hy vir Ma of Pa sien. Hy is a vrolike mannetjie wat mal is daaroor om met ons te kommunikeer, hetsy geluidjies te maak of te lag. Elke dag is dit wonderlik om te sien hoe die persoonlikheid verder ontwikkel en die interaksie met Ma en Pa meet intens word.


Adrian is altyd so bly om met ons te sosialiseer.

Thursday, July 21, 2011

One small step for mankind, one giant leap for .... Adrian se ontwikkleling

Adrian is al amper 14 weke. Dit is absoluut verstommend hoe vining die tyd vlieg en hoe vining hy groeie. Dit transformasie wat hy deurgaan is ongelooflik. Hy ontwikkel nie net fisies nie maar ook op ander terriene soos sy persoonlikheid, sy eie identiteit, duidelik voorkeure en afkeure, ens. Hy raak nou baie sosiaal. Hy hou niks daarvan om alleen gelaat te word in sy kammer nie. Sy oortjies is heeltyd gespits om te hoor of Ma of Pa dalk verby sy deur loop. Indien wel, sal hy baie vining steun en roep geluidjies maak net om ons duidelik te laat verstaan hy is wakker en wil eerder by ons wees. Al sit hy net in sy “bons” stoeltjie en kyk na ons. Die mooi glimlaggie word nou aangevul met kraai geluidjies as hy lag. Hy vind naatuurlik sy Pa se gesig trek baie snaaks of Ma se snaakse woordjies. Hy het selfs begin om sy rateltjie self vas te hou en dit in die lug rond te swaai. Blykbaar is babas veronderstel om voorwerpe eers op 3 maande in hulle palms vashou te kan hou. Elke dag is daar nuwe mylpale wat bereik word soos byvoorbeeld om n bal (met klokkies binne in) rond te skop terwyl hy lê. Sy ruggie en nek is baie sterk en hy is in staat om homslef reeds regop te hou.
Ma is natuurlik baie bekommerd da thy dalk te vining ontwikkel en dalk ‘kleiner’ mylpale gaan mis. Sy beentjies is reeds baie sterk en dalk loop hy voordat hy kan kruip.
Adrian ontspan na n speel sessie
Adrian verskaf ook groot plesier deur woorde te herken. Noem die word ‘Piet padda’ en hy kyk dadelik in die rigting van die groen padda pop wat in die middle van sy kamer hang, of perd en hy kyk na die stok perd wat kan runnik teen sy kas deur. Sy ogies is soos a water pas wat heen en weer geswaai word. Hulle beweeg heeltyd rondo m nuwe voorwerpe, patrone en kleur te sien, met die gevolg da thy veel eerder rond kyk gedurende die dag as om soms te slap ook.

Thursday, June 23, 2011

Vadersdag is soos om jou eerste kar te bestuur..

Vadersdag en moedersdag is n geld makery.... Die dag het egter n nuwe betekenis vir my gekry. My eerste vadersdag kaartjie was soos om jou eerste TV speletjie te speel (dit was in die 80's natuurlik) of om jou eerste kar te bestuur. n Gevoel wat n mens nie kan beskryf tensy jy dit self erfaar het nie. Adriantjie het so waar onthou!!! Na n goeie nag rus word ek Sondag oggend vroeg wakker gemaak deur Kona om die doekie te doen. Natuurlik wil ek, maar die lyf is nie so gretig nie. Net na die doek wag Ma met n bree glimlag en n kaartjie in die hand - "Gelukkige vadersdag...van Adrian". Adrian is môre
10 weke oud en ek kry my eerste vadersdag kaartjie van hom! Die vreugde van Pa wees.

My eerste vadersdag kaartjie van Adrian (10 weke oud)

Dit is amptelik die middel van winter, die wat nooit Geografie gehad het nie - die 21ste Junie. Die koue het behoorlik ons toe gevou met die gepaard gaande hoesies en loop neuse. Adrian is ook nie gespaar nie. Net toe hy herstel het van sy broncheliese pak die verkoue hom beet. Hy sukkel met drink (selfs n honger baba MOET tussen die drink asemhaal) en dit versorg groot frustrasie vir hom. Ten spyte daarvan groei hy soos Jan se boontjie rank. Sy glimlaggies en laggies word by die dag meer, tot groot plesier vir Pa en Ma.


Adrian glimlag met Ma wat geluide vir hom maak.

Met die koue moet Adrian vinnig gebad word. Hy kan ongelukkig nie te veel skop en speel in die water nie. Dit moet maar wag vir die warm somer maande.


n Lekker warm bad tydens n koue wintersdag!

n Skoon Adrian net na sy bad.

Tuesday, June 14, 2011

Elke donker wolk het n silwer randjie.

Adrian is vandag 9½ weke oud. Laas week was die mannetjie siek en moes hy antibiotika gebruik. Dit was swaar vir Ma wat hom aan die slaap moes kry, veral gedurende die dag. Seer keeltjie, koors en ligte asma het dit vir Adrian moeilik gemaak om te slaap en om sy kos in te hou. Gevolglik hy heelwat gewig verloor het. Gelukkig kom alle slegte dinge tot n end, en is hy nou baie beter. Sy gesiggie is weer rond en sy kleertjies is so waar te klein!! Nommer 2 Pampers word veruil vir nommer 3's!
Soos die gesegde lui "Elke donker wolk het n silwer randjie" of is dit dalk elke vuil doek het n skoon randjie. Ten spyte van die siekte het Adrian begin glimlag en lag geluidjies maak wanneer hy Ma of Pa se gesig sien en veral as hy vermaak word met n speelding. Dit is wonderlik om te sien hoe hierdie persoonlikheidjie ontwikkel. Hy begin stadig aan besef dat die twee "goedjies" aan die die einde van sy arms wel SY hande is. Hy begin al hoe meer gryp in die rigting van bewers en stimulasie prentjies. Veral wanneer hy die abstrakte gesig op sy gunsteling stimulasie bord sien. Hy maak ook meer koer geluidjies van plesier wanneer Ma en Pa met hom speel of selfs n doek om ruil. Gisteraand (14 Junie) het hy ook vir die eerste keer so te sê deur geslaap, vanaf 22:30 tot 05:15! Veral Ma was verheug, sy kon die eerste keer in 9 weke vir 6 ure slaap.


Adrian lag vir sy "mobile" wat draai en mooi musiek speel.

Adrian in sy pikkewyn pakkie. Dankie Angus.

Adrian het in die week sy eerste bottel gehad. Hy het nie veel gedrink nie maar het wel die tweede keer toe Pa hom die byvoeding gee, als opgedrink. Pa het dalk die meeste van die melk in sy mond in "geforseer" maar hy het dit nogsteeds gedrink.

Ouma help met die eerste bottel.

Adrian lag vir sy mobile.

Tuesday, May 31, 2011

Inentings en immunisering

Die 30st Mei sal Adrian hopelik nie lank onthou nie. Dit was die dag wat hy sy 7 weke inentings ontvang het teen al daai aklikge siektes soos polio, masels ens.
Die immuniseering sluit in: DTP- en Hib-vaksien (DTP staan vir difterie (witseerkeel), tetanus (klem-in-die-kaak) en pertussis (kinkhoes) en Hib vir Haemophilus influenza tipe B), Hepatitis B-vaksien, n entstof teen pneumokokkus-siekte (Prevenar) en druppels teen die rotavirus.
 Tydens die inentings moes Ma troos en handjies vashou terwyl die verpleegster vir Adriantjie inspuit. Terug by die huis was hy maar heeldag knieserig en effe koorsig wat veroorsaak het dat dit n lang middag geword het vir Ma sonder veel rus. Gelukkig het Pa die middag vinnig n draai by die huis gemaak om hand by te sit met Adrian. Dit was n welkome breek en rus kansie vir Kona. Die aand was dinge baie rustiger aan die front, met Adrian wat goed geslaap het. Vreeslik om te dink dat hy oor paar weke weer n immunisering moet ontvang! "Dis die pyn van groot" word sou my Ouma sê.
Die dag het darem ook goeie nuus opgelewer - Adrian groei soos n waverse boointjie rank!! Hy weeg op 7 weke reeds 5,89kg en is 64cm lank. Sy gewig is presies 2,05kg swaarder en 10cm langer as met sy geboorte!!

Hier is Adrian paar dae voor die immunisering. Baie duidelik n gesonde en gelukkige mannetjie.


Adrian aan die snoesig aan die slaap.

Ma en Adrian op 6 weke.
Ma en Pa het gou besef dat Adriantjie n baie spesiale baba is (natuurlik sal alle ouers dit glo). Adrian is die mooiste, slimste, oulikste en sterkste baba onder die son. Op 6 weke kan Adrian sy koppie al amper 40 grade lig, dit kan dalk 45 grade ook wees. Ma moes fotos neem van die groot oomblik. Nou wag on vir die eerste glimlag wat op n foto vasgevang moet word, alhoewel hy reeds begin glimlag het!!
Hier le Adrian op Pa terwyl hy sy koppie lig. Hy het reeds n baie sterk nekkie volgens die "kenners" (dis nou Ma en Pa)


Monday, May 23, 2011

Vyf weke en 5kg!!

Nooit sou ek kon raai hoe vinnig n baba groot word nie. Van 3,84 kg tot 5kg in 5 weke! Maandag, 16 Mei het Ma en Pa vir Adrian na die Pedeater geneem vir n vinnige ondersoek. Daar was 'gevrees' dat Adrian dalk reflux kon hê. Die dokter het Ma en Pa gerus gestel en ons daarop gewys dat dit normal is vir babas om kos op te bring na voeding, alhoewel in klein hoeveelhede. Die feit dat hy maar knieserig is kan dalk te wyte wees aan windjies of dalk te min melk. Ma is ook aangesê om alle soet produkte te vermy. Daar gaan Ma se “jungle juice” en gunsteling papajas. Hopelik sal dit vir Adrian help om goed uit te rus tussen voedings en maksimaal te groei. O ja, natuurlike vir Ma kans te gee om ook verlore slap in te haal.
Dit is so wonderlik om te sien hoe Adrian groei. Sy gesigie is minder rond en lyk blykbaar almeer soos Pa. Hy is definitief meer bewus van sy omgewing en die wakker tye is langer en meer gefokus. Ons kan nie wag vir die eerste glimlag as hy vir Ma of Pa sien nie. Dit kom blykbaar eers na 6 weke!

n Trotse Ma met Adrian op 5 weke.

Christine, Tanya en Kona met Adrian.


 

Thursday, April 28, 2011

Week 3 en reeds drie maal ouliker!!

Adrian groei al te goed en weeg nou 3,88kg. Gesondheid is goed en sy gesiggie straal... Ma en Pa kan net nie genoeg kyk, vashou en soen nie!!! Ons besef al meer wat God se liefde is en hoe volmaak Sy skeppings dade is.



Kyk net hoe mooi word die seuntjie. Hier is hy so pas gedoek!


Hier lees Pa vir Adrian sy 'gunstelling' storie - "Raai hoe lief is ek vir jou". Reeds 8 maande terug het Pa die storieboek in die aande vir Adrian gelees. Reeds met die eerste bad (11 April) het die verpleegster wat hom gebad het opgemerk dat hy sy koppie draai in die rigting van my stem! Hy het dus my stem herken slegs paar ure nadat hy gebore is!

Mamma het so pas vir Adrian gevoed en probeer die akligge windjies uit kry.

Pa se hoogte punt van die dag - bad tyd! Adrian is mal oor die water wat oor sy koppie en later sy lyfie spoel. Dit laat hom baie onstspan

Oupa sit hand by om Adrian aan die slaap te sus. Duidelik dat Oupa Kobus goed geoefen is hiermee want Adrian gaap al te lekker.

Twee weke na Adrian se geboorte is hy geweeg by Stork's Nest. Duidelik het hy nie n eet probleem nie en die 40gram wat hy opgetel het is n bewys hiervan.

Monday, April 18, 2011

Die storie van Adrian


“Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle.” (Markus 10: 14)


Adrian Jacobus Enslin is gebore op 11 April, 2011 om 13:57. Hy weeg n volle 3,84kg en is 54cm lank! n Klein 'reusie' wat alreeds oneindig baie plesier en vreugde aan Ma en Pa verskaf.

Hier is n paar fotos wat die storie van Adrian vertel -



Nee, dit is nie die Ginekoloog, dr Francois, by n passient nie. Francois en Kona minute voor die GROOT wonderwerkkie arriveer. Dit wat volg is die bewys dat God ongelooflik goed en genadig is vir Sy kinders!!!


Uiteindelik breek die oomblik aan!! Vir 9 maande het ek en Kona na hierdie dag en tyd uitgesien... Adrian sien die wêreld om 13:57.


n Baie trotse Ma en Pa in die operasie teater met Adrian wat slegs 10 minute oud is? Duidelik is die nuwe ouers geweldig trots op die mensie. Die glimlagte is breed met aanskouing van ons liefie!!




Adrian is nog nie eers paar ure oud nie en word reeds gebad!


Hier is Adrian n volle week oud. Die foto is geneem net na voeding en die mannetjie is duidelik vas aan die slaap.




Pa net voor hy die eerste 'VREESLIKE' poefdoek moet omruil!!

Die resultaat van Pa se poging om die vuildoek omruil te ruil. Soos dit duidelik te sien is in die foto was dit n reuse suskses. Adrian vas aan die slaap...